Liefdadigheid begin by die huis!
Onlangse Plasings
Lees 'n paar van ons nuutste plasings hieronder.

1. As die Here nie vir ons was nie — laat Israel dit sê 2. as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, 3. dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; 4. dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan; 8. Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het. *** Kern gedeelte: "As die Here nie vir ons was nie" Al was ons hierdie jaar al deur diep water en bittere beproewings, het GOD ons deurgedra tot waar ons vandag is. Met sekere tye kon ons nie die lig sien aan die einde van die tonnel nie, en tog is ons ook daardeur. Dit laat my dink aan die foto waar iemand saam JESUS op die strand gestap het, waar die twee rye spore in die sand, net een ry spore geword het. Toe die persoon terugkyk kom die vraag op, waarom het U my verlaat. JESUS het geantwoord, waar jy die een ry spore sien, is waar jy nie meer kon nie, en Ek het jou gedra. Mag GOD ons ook deur die res van hierdie jaar dra, en as GOD nie vir ons was nie, laat ons dit dan sê, want ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. ------- GEBED. VADER, in dankbaarheid kom ons vanoggend voor U, in dankbaarheid gaan ons hierdie nuwe dag in, want U het gesê dat U ons nooit sal faal en dat U ons nooit sal verlaat nie. Vergewe ons asb ons twyfel en onsekerheid en maak ons asb standvastig in U. Laat ons nie deur die golwe van die lewe rondgeslinger word nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat die stryd teen kanker veg. Lê asb U genesende hande op elkeen. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Visie
Gaan terug na my volk, en begin by my mense. Rig hulle op, En laat hulle weet dat ons GOD uitkoms sal gee!! Want deur my Woord sal hulle die land weer in besit neem.



