MATTHÉÜS 28:18-19 AFR53
18. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
***
Kern gedeelte:
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies"
Hoe stap ons hierdie nuwe dag in?
Of dit goed gaan en of dit sleg gaan, ons het een van twee keuses hoe ons die wêreld gaan instap!
Ons kan instap met 'n gesindheid van nederlaag waar die wêreld ons oorwin het, waar ons spreekwoordelik soos varke in die modder rol, of ons kan instap met die oorwinning van JESUS CHRISTUS in ons lewe.
Waar jy met die outoriteit waarmee GOD jou beklee het hierdie dag instap, ander mense bemoedig en stap in die respekvolle vrees en vreugde van ons Skepper, dan kan niks jou van stryk bring nie
Dan sal mense JESUS CHRISTUS se Lig deur jou sien skyn, en jy sal nie net met leë woorde die Evangelie van Verlossing verkondig.
As jy praat sal GOD se Heilige Gees jou die woorde gee om in outoriteit te spreek, dissipels te maak en hulle te doop in die Naam van die VADER, die SEUN EN HEILIGE GEES.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir hierdie nuwe dag, 'n nuwe geleentheid om U Woord uit te dra, soms met woorde, maar meer dikwels sonder woorde. Waar die mense kan sien dat U in ons leef en dat ons nie aan hierdie wêreld gelykvormig is nie, maar ons spreek lewe oor ander, en die vrug van U Heilige Gees is sigbaar in ons lewe. Laat ons nooit versuim om U Woord te verkondig en te versprei nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elkeen wat nog in die wêreld vasgevang is, want U Lig nog nie kan sien nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






