MATTHÉÜS 26:40 AFR53
41. En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
42. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
***
Kern gedeelte:
"Waak en bid"
Die ouer mense het altyd gesê, nee kyk, nou het ek alles gesien!
Maar vandag wil ek vir jou sê, nee, jy het nog nie alles gesien nie, want elke dag voeg die "verderwer" 'n nuwe verleiding, in hierdie wêreld by, 'n nuwe wapen wat jy tot struikeling kan bring.
Moenie vir een oomblik dink dat jy nie aangeraak sal word deur die sondes en verleiding van hierdie wêreld nie.
Alles wat 50 jaar terug ondenkbaar was vir ons ouers, is nou in ons huise en lewens deur middel van media, TV, en Selfone.
Nie een van ons is kwytgeskeld nie. en daarom is hierdie boodskap so dringend vanoggend.
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en belei ons sondes. Ons laat dinge toe wat nie in ons lewens hoort nie en ons maak ons huise oop vir sondes en ons gee toegang tot ons gesin deur goedkeuring daarvan. Gee ons asb die krag om van vandag af, sonde op die naam te noem en laat ons dit nie in ons huise of ons lewens toelaat nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons dubbele standaarde. Gee ons asb vandag die krag om te breek met die sonde.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






