PSALMS 121:1-2 AFR53
1. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
2. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het!
***
Kern gedeelte:
"My hulp is van die Here"
Ek wil nie graag iets byvoeg nie, maar wil net die volledige Psalms 121 lees.
* Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
* My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
* Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
* Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
* Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
* Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
* Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
* Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
-------
GEBED.
VADER, U weet dat ek vanoggend 'n ander Woord gedeelte in gedagte gehad het, maar hierdie gedeelte bly my op die hart gelê word. In gehoorsaamheid stuur ek hierdie boodskap uit en mag U Heilige Gees met hierdie woord saamgaan sodat dit vanoggend op die regte ore sal val. Laat U Geestelike versterking ons ophef uit die massas probleme wat ons wil oorweldig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat hopeloos en verlore voel. Geen asb aan elkeen die krag en sterkte.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






