MATTHÉÜS 25:22-25 AFR53
22. En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
23. Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
24. En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie
25. omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
***
Kern gedeelte:
"omdat ek bang was"
Ek drink gister oggend 'n pakkie MacNab energie tablette, en binne in die pakkie is 'n boodskap wat sê:
FEAR.
F -False
E -Evidence
A -Appearing
R - Real
In nabetragting aan die boodskap, sit ek en wonder hoeveel van ons lewe daagliks in vrees, oor vandag en oor die dag van môre.
Daarom is ons te vreesbevange om ons talente te gebruik waarmee GOD ons geseën het.
Ons kruip weg, isoleer onself, laat geleenthede verbygaan wat GOD op ons pad bring, want wat as dit nie uitwerk nie!
Die boodskap vanoggend is duidelik, gaan grou die talent uit wat jy begrawe het, en gebruik dit ter ere van GOD, en laat Hy die werke van jou hande seën.
Onthou, as jy oor weinig getrou is, sal GOD jou oor veel meer kan aanstel.
--------
GEBED.
VADER, soveel geleenthede het ons laat verbygaan omdat ons in vrees gelewe het, in vrees besluite gemaak wat nie ter ere van U was nie. Ons beperk U, in dit wat U vir ons beplan het, deur die vrees waarin ons lewe.
Ons bely dit vanoggend voor U voete, en laat die vrees ook daar.
Met ons GOD loop ons 'n bende storm, met ons GOD spring ons oor 'n muur.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die gees van vrees sal verwyder wat nog in soveel van ons heers.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






