MIGA 4:2, 5 AFR53
2. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die GOD van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem.
5. Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos.
***
Kern gedeelte:
"maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God"
Soos wat Joshua aan sy volksgenote gesê het, kies wie julle wil dien, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
So het dit tyd geword vir ons om aan ons volksgenote te sê, kies julle wie julle vir dien, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse GOD.
Selfs in die huidige situasie in ons land Suid Afrika, gaan GOD ons vooruit, Hy maak paaie gelyk en is besig om ons land te verander.
Ons land sal oprys, ons as GOD se volk sal weer opstaan, nie deur krag of geweld nie, maar deur die Gees van GOD!
Laat elkeen vir homself kies, maar ek weet waar my krag vandaan kom.
-------
GEBED.
VADER, ons lewe in 'n land van verdeeldheid omdat elkeen net na sy eie belange omsien en ons nie meer in eenheid saam tot U kan nader nie. Ons vra vanoggend dat 'n herlewing sal uitbreek en dat U Heilige Gees soos 'n vuur deur ons land sal trek, mense in beweging sal bring, sodat ons in eenheid kan staan en sê dat ons sal wandel in U Naam, want U is ons Krag, ons Rots en ons Vesting.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir eenheid as U volk U land en U mense.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






