MALEÁGI 3:6-7 AFR53
6. Want Ek, die Here, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
7. Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
***
Kern gedeelte:
"Want Ek, die Here, het nie verander nie"
Moenie jouself flous nie, hierdie gebeur nie oornag nie, en dit gebeur sonder dat jy dit agterkom.
Die "verderwer" weet wat jou belangstellings en swakhede is, is hy is nie haastig nie, want met tyd, een oomblik op 'n slag sal hy jou van GOD vervreem, sal hy die wig van sonde tussen jou en jou Skepper indryf.
Skielik voel dit of GOD vêr is, nie omdat GOD verander het nie, maar omdat ons klein toegewings van sonde toegelaat het.
Ons het die anker van geloof en gehoorsaamheid gelig en die strome van die wêreld het jou saamgesleep.
Hierdie boodskap is vir almal, maak oop jou oë, jy is nie meer so naby aan GOD as wat jy dink nie, want die water van die wêreld syfer in jou lewensboot in sonder dat jy dit agterkom.
--------
GEBED.
VADER, U Woord leer ons dat dit die klein jakkalsies is wat die boorde verniel. Ons word meegesleur deur "klein" sonde, want self klein gaatjies laat die water in. Met tyd sal ons lewensboot begin sink as ons nie nou van koers verander na U veilige hawe toe nie. Laat ons nie vanoggend talm nie, maar dat ons vandag die besluit sal maak om van koers te verander, terug na U toe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n drastiese omkeer na U toe, ons bid vir siele tot bekering.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






