MATTHÉÜS 22:37-39 AFR53
37. En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38. Dit is die eerste en groot gebod.
39. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
****
Kern gedeelte:
"Dit is die eerste en groot gebod"
Ek wil vanoggend nie veel sê want die woord van GOD sê dit onmiskenbaar duidelik!
Wat ek wel wil sê, net sodat ons nie mislei word nie!
Enige iets groter en belangriker as GOD, is 'n afgod.
Hierdie een Engelse sinnetjie ruim alle onduidelikheid uit die weg wanneer dit sê:
If GOD is anything to you, then He is EVERYTHING to you, but if GOD is not everything to you, then He is not anything to you.
Laat hierdie woord die persone bereik vir wie dit bedoel is.
-------
GEBED.
VADER, soms besef ons nie dat ons gedagtes deur die wêreld afgelei word nie, sodat ons begin dwaal, begin besig raak met dinge wat ons stiltetyd saam met U steel, sodat ons nie meer stil oomblikke van intieme kommunikasie met U het nie. As ons dan die pad byster raak, verstaan ons nie, maar dit is omdat U nie meer ons alles in ons lewe is nie. Bring ons asb terug op die pad van U Waarheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om die afleidings van hierdie wêreld tersyde te stel.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






