MATTHÉÜS 6:11-13 AFR53
11. gee ons vandag ons daaglikse brood;
12. en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13. en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.
***
Kern gedeelte:
"soos ons ook ons skuldenaars vergewe"
Ons almal glo dat ons die argitek van ons lewens is, maar dit is slegs waar wanneer ons, ons eie kop volg.
In hierdie proses maak ons mense seer en word ons deur mense seergemaak en dan begin siklus van onvergifnis.
Ons bou mure van isolasie, mure van onvergifnis rondom ons.
Onvergifnis is om daagliks 'n klein dosis gif in te drink en te dink dat iemand ander daarvan gaan doodgaan.
Die onvergifnis vernietig jou lewe, en die persoon wat jou leed aangedoen het stap skotvry weg.
Maar wanneer ons met die saak voor GOD kom en ons sê, VADER ek het vergewe en ek laat hierdie saak nou aan U oor, dan sal jy sien hoe GOD vir jou veg.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U vanoggend vir ons sê dat ons die verlede moet los waar dit hoort, in die verlede. Gee ons asb die krag om te vergewe, die krag om dit te laat gaan, waaraan ons vashou maar niks kan verander nie. Laat daar asb 'n nuwe lied in ons mond wees, en dat 'n nuwe Lig in ons lewe begin skyn.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons vry sodat ons self ook vry kan wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






