EFÉSIËRS 5:31-33 AFR53
31. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word.
32. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
33. In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
***
Kern gedeelte:
"Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat"
Hoekom hou huwelike nie?
Want daar is geen fondasie nie!
Wanneer ons 'n huis begin bou, bou ons van die fondasie af op boontoe.
Eers moet ons mekaar vind, en dan moet ons in ons gemeenskaplike verhouding, GOD vind.
As dit gedoen is, sal jy besef dat soos wat julle as huweliks maats nader aan GOD beweeg, sal julle nader aan mekaar beweeg.
Dit is hoe die huweliks driehoek werk.
Dan sal buite invloede van familie, vriende en vals vriende, die aanslae van die verderwer geen effek op ons verhoudings, ons huwelike hê nie.
Die Woord is duidelik, die twee sal een word.
In eenheid met mekaar, dan saam in eenheid tot GOD.
Ek sê nie dat ons nie na raad moet luister nie, maar hou ander mense en hulle opinies wat 'n wig tussen julle indryf, uit julle huwelik uit.
-------
GEBED.
VADER, elke dag staan ons teen die storms, die aanslae teen ons huwelike, want die "verderwer" weet dat as hy die huwelik kan opbreek, gaan hy die gesin opbreek en daardeur kan mense tot 'n val, eindig kinders sonder rigting en sonder toekoms. Laat ons vandag besef dat in eenheid, lê die geheim, in eenheid met mekaar, in eenheid met U.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir restorasie van huwelike, vir hulle wat nie meer die pad vorentoe, saam kan sien nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





