ESÉGIËL 31:9-11 AFR53
9. Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.
10. Daarom, so het die Here Here gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,
11. sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.
***
Kern gedeelte:
"en hoogmoedig geword het oor sy hoogte"
Ek luister na verskeie gesprekke die afgelope maand, en wat my getref het is die "arrogansie" van die mens, die "eie ek".
Verskeie kere het ek aangehoor, hoe persone sê:
Ek het dit of dat bereik omdat ek so goed is, en ek het hierdie of daardie gebou deur my vernuftigheid.
Vandag wil ek net sê, pasop vir die woorde van jou mond en die trotsheid van jou hart.
Jy is nie waar jy is omdat jy goed is nie, maar omdat GOD groot is.
Vandag se teks verse begin met die woorde:
EK het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke.
Moenie GOD se eer aanraak nie, want hoogmoed kom net voor die val.
Voor jy weer woorde van hoogmoed spreek, gaan eerder op jou knieë en dank GOD dat jy geseënd is, en vir elke gawe uit Sy Hand.
-------
GEBED.
VADER, die teenoorgestelde van hoogmoed, is dankbaarheid en daarom kom ons vanoggend in nederigheid, in dankbaarheid voor U voete, en ons dank U vir elke gawe uit U Hand en elke seëning waarmee U ons so mildelik seën. Laat ons nooit die grond verlaat nie, maar nederig in U skadu bly.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir drie dinge in ons lewe, nederigheid, dankbaarheid en vergenoegdheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





