ROMEINE 1:21-22 AFR53
21. omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
22. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
***
Kern gedeelte:
"Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is"
Soos die gesegde gaan, meng jou met die semels en die varke vreet jou op.
As jy met mense omgaan wat die grootheid van GOD nie erken, en nie aan GOD die eer gee nie, gaan jy die pad byster raak.
Sistematies met tyd, sal jy dwaas word in jou oorlegginge en jy sal 'n onverstandige hart groei wat in die duisternis van die wêreld leef.
Die Lig van JESUS CHRISTUS sal nie meer in jou gesien word nie en ook nie meer deur jou kan skyn na ander toe nie.
Wees versigtig met wie jy omgaan, met wie jy jou bevriend, wie jy in jou huis en jou lewe toelaat.
Soos 'n dief in die nag sal die sonde jou oorval en jy sal deel word van die wêreld en die oordeel van GOD wat vir hulle beplan is.
Onthou hierdie gesêgde: Meng jou met die semels, en die varke vreet jou op.
-------
GEBED.
VADER, in U Hand is ons veilig en solank U Heilige Gees ons lewens vul, ons verlig om in U Waarheid te wandel, kan die duisternis nie vatplek kry nie. Laat ons asb vanoggend besef dat duisternis bloot net die afwesigheid van lig is en dit kan ons net binnedring wanneer U Gees nie in ons teenwoordig is nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons die U Lig van Verlossing nie net in ons sal skyn nie maar ook deur ons.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






