ESÉGIËL 43:10-11 AFR53
10. Jy, o mensekind, vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet.
11. En as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle dan bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en dié kan uitvoer.
***
Kern gedeelte:
"as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het"
Hierdie is so van toepassing in almal van ons se lewe.
Dit is eers wanneer ons beskaamd staan oor ons verlede, dit wat ons gedoen het voor GOD belei, en vir vergifnis vra in die Naam van JESUS CHRISTUS, wat die sluier voor ons oë gelig sal word, en ons sal die waarheid begin sien vir wat dit werklik is.
Eers dan sal GOD se bloudruk plan vir ons lewe stelselmatig aan ons openbaar word.
Maar as ons nog glo dat die ongeregtigheid waarmee ons besig is, reg is, dan is ons nog verblind deur die "verderwer" en lewe ons nog in die verlusting van hierdie wêreld.
-------
GEBED.
VADER, daar is niemand so blind soos 'n persoon wat nie wil sien nie en daarom bid ons dat U die sluier oor ons oë sal lig. Laat ons sien en beskaamd staan oor die ongeregtigheid, die sonde wat ons mee besig is, en laat ons nie oop oë hêl toe gaan nie. Dankie dat ons slegs deur U genade tot hiertoe nog in die lewe gehou is, sodat ons nog die geleentheid het om ons Verlosser te vind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat elkeen wat hierdie boodskap lees of luister, se geestelike oë geopen sal word vir hulle eie foute.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





