HANDELINGE 27:33-36 AFR53
33. En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.
34. Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal 'n haar van sy hoof val nie.
35. Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.
36. En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.
***
Kern gedeelte:
"Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud"
In die storm het Paulus die manne aangemoedig om 'n oomblik te neem, eers iets te eet, sodat hulle versterk kon word om die storm uit te sien.
Vandag, waar ons tans is, is dit ook belangrik om net 'n tree terug te neem, sake in 'n ander lig te aanskou, nuwe moed te skep, na jouself om te sien, sodat ons ook die krag sal ontvang om hierdie storm ent uit te sien.
As jy dit nie doen nie, staan jy die kans, om alles te verloor.
Ek besef dat alles miskien tans in 'n warboel is, maar raak rustig en weet GOD is in beheer, en nie 'n haar sal van jou val sonder Sy Wil nie.
-------
GEBED.
VADER, slegs U kan die storms bedaar en ons is deeglik bewus daarvan, maar in ons mens-wees stry ons teen die storm en daarom raak ons moeg en uitgeput. Dankie dat U Heilige Gees dit op ons hart lê om net 'n oomblik te neem en onself versterk sodat ons die storm ent uit kan sien. Dankie vir bevestiging dat U met ons is en dat U teenwoordig is in die storm.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte van gemoed en helderheid van verstand.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






