JAKOBUS 1:14-16 AFR53
14. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
15. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
16. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
***
Kern gedeelte:
"en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het"
Wat begin as 'n gedagte saad in jou lewe, eindig as 'n vertende siekte van sonde wat jou lewe verwoes.
Daarom is dit belangrik dat jy dit stop nog voor dit begin.
Weet dit, dit is die klein jakkalsies wat die boorde verniel.
Dit wat jou vandag dink, dat jy dit kan beheer, gaan môre omdraai en dan gaan dit jou lewe beheer.
En as dit jou beheer, dan is jy die slaaf van dit wat jou beheer.
Jy is nie 'n slaaf nie maar 'n Konings kind, en daarom, vandag terwyl nog kan, breek met die sonde, voor die sonde jou breek!
-------
GEBED.
VADER, wees asb hierdie sondaar genadig, wat ons weet dat ons met dinge besig is, wat nie moet wees nie. Gee ons asb die krag om vandag met die sonde te breek, en nie weer op daardie pad te stap nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir ons vir vergifnis van ons sondes.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






