I KORINTHIËRS 13:1 AFR53
1. AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
***
Kern gedeelte:
"en ek het nie die liefde nie"
Ek wil niks byvoeg nie maar slegs uit GOD se Woord lees.
• Die liefde is lankmoedig en vriendelik
* die liefde is nie jaloers nie
* die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie
* handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie
* word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie
* is nie bly oor die ongeregtigheid nie,
* maar is bly saam met die waarheid.
* Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
* En nou bly geloof, hoop, liefde, hierdie drie
• maar die grootste hiervan is die liefde.
-------
GEBED.
VADER, daar is 'n fyn lyn tussen die liefde wat U Woord ons leer en die "liefde" wat die wêreld ons probeer leer, wanneer die "verderwer" verwag dat ons sonde moet goedkeur ter wille van wêreldse "liefde". Leer ons asb elkeen om mekaar binne U Liefde, binne U Geregtigheid te hanteer sodat ons in onpartydige opregtheid voor U kan staan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons, ons tekortkominge sal vergewe. Leer ons asb om daagliks na beter te strewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






