I KORINTHIËRS 14:19-20 AFR53
19. maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in 'n taal.
20. Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.
***
Kern gedeelte:
"wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek"
Soveel mense probeer ander mense na JESUS CHRISTUS toe dryf, instede daarvan om hulle na Hom toe te lei.
Oormatige gebruik van woorde en skynheilige illustrasie van 'n vals lewensstyl sal mettertyd tot chaos lei, en dit dryf mense nog verder weg van bekering.
Vertel mense van JESUS CHRISTUS, hulle sal Sy Lig deur jou lewenswyse sien skyn, en wanneer jy dan spreek sal dit woorde van outoriteit wees, woorde deur GOD in jou mond gelê.
Lei deur voorbeeld hoe om GOD te dien, laat jou dade spreek, en wanneer jy dan woorde spreek, sal dit woorde wees, gesreek met verstand, woorde bevestig deur die Krag van GOD.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag om stil te bly, maar beklee asb ons woorde met outoriteit, sodat wanneer ons spreek, sal dit woorde tot stigting wees, wat ander op die weg na saligheid sal lei. Laat ons woorde nie 'n struikeling wees vir ander nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir harte wat ander mense in nederigheid tot bekering sal lei.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0725104040






