I KRONIEKE 17:5 AFR53

April 3, 2025

5. Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gekom van tent tot tent, en van tabernakel tot tabernakel.


***


Kern gedeelte:

"maar Ek het gekom van tent tot tent"


Ons dien nie 'n Lewende GOD nie, maar DIE LEWENDE GOD, want daar is net een, en daar is net een Verlossings Plan en dit is deur Sy Seun JESUS CHRISTUS.

As hierdie besef en gedagte jou nie geestelik beheer nie, dan soek jou nog na GOD op die verkeerde plekke.

Ons GOD is 'n persoonlike GOD, 'n al-om teenwoordige GOD wat jou ken in al jou weë, en weet wat jy gaan doen nog voor dit in jou gedagtes opkom.

Dikwels gaan soek ons na GOD in ander plekke, in die teenwoordigheid van ander mense, terwyl Hy dit aan Dawid duidelik gemaak het dat Hy het gekom van tent tot tent. 

GOD beweeg vandag nog van huis tot huis, maar daar is vir Hom nie meer plek nie, omdat ons huise, ons lewens gevul is met die mense, die gewoontes en die weë van hierdie wêreld.


•••••••


GEBED.


VADER, U Woord sê, die vurige gebed van die regverdige het groot krag en, U seëninge rus op die huis van die regverdige. Ons probeer U in ons huis en lewe in nooi, terwyl dit oorloop van wêreldse ongeregtigheid. Dankie dat U, U Seun gegee het wat vir ons sonde aan die kruis gesterf het, sodat ons tot bekering kan kom, ons sondes bely en vra dat U Heilige Gees ons sal lei op die pad van onpartydige opregtheid. Maak asb ons lewe en huise skoon, dat U nie by ons sal verbygaan nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

June 25, 2025
27. En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal 'n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek. **** Kern gedeelte: "En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie" Hierdie is 'n waarskuwing boodskap en as jy nie hierop ag slaan nie, gaan dit jou duur te staan kom. Die mense, die items, die gruwels wat jy vandag in jou huis inbring, is dit wat jou gaan lei tot jou val in die dag van môre. Miskien omdat geld jou fokus is, en nie GOD nie, is jy besig om 'n besigheids transaksie aan te gaan, 'n venootskap te sluit wat jou bitter duur te staan kom. Stop waarmee jy besig is, soek na GOD se Wil in jou lewe, ken Hom in al jou weë, want as GOD iets uit jou lewe uithou is dit juis tot jou beskerming, en as Hy jou vertraag, is dit juis sodat die euwel eers kan verbygaan. Jy is gewaarsku, moenie die gruwel in jou huis inbring nie! ------- GEBED. VADER, deur die sondige begeertes word ons verblind en deur gierigheid nooi ons die verderf na binne. Die "verderwer" sal na die swakheid in ons soek, en daardeur sal hy persone, items of transaksies oor ons pad bring, om ons tot 'n val te bring. Gee asb aan ons die Gees van onderskeiding sodat die waarskuwings ligte vir ons sal aangaan, dat ons nie die gruwel in ons huis sal inbring nie. Gee asb aan ons die geduld om te wag, en laat geen besluit uit ons eie wil wees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geestelike leiding in elke saak. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 24, 2025
25. MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. 26. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; 27. Hom wat ék sal aanskou my ten goede ....... *** Kern gedeelte: "MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef" Vanoggend wil ek net vir jou sê dat die GOD wat jy dien is, is groter as die omstandighede waarin jy jou tans bevind. Die Woord van GOD sê vir ons dat JESUS CHRISTUS is die Lig, die Weg en die Waarheid. Maar steeds tas ons in die donker rond, steeds raak ons die pad byster en steeds word ons deur die leuens van die "verderwer" mislei! Dit is omdat ons nog te veel van die wêreld en te min van die Lig van ons Verlosser in ons het. As die "verderwer" jou vanoggend wil oortuig dat dit verby is, dat daar geen hoop meer is nie, dan staan jy op en jy verklaar: My Verlosser leef, en as GOD al is wat ek oorhet, dan het ek alles wat ek nodig het. Staan op, laat GOD jou rig op jou pad, en berus jou in die feit dat Hy is in beheer. ------- GEBED. VADER, ons wil so graag in beheer wees, terwyl U vir ons sê, My genade is vir jou genoeg. U Krag kan nie in ons "trots" en "eie ek" werk nie, maar die dag wanneer ons niks meer het en nie weet watter kant toe nie, dan eers kom U Krag in ons na vore, dan staan ons eers op en sê, te midde van alles, my Verlosser leef en my GOD is in beheer. Laat ons dit nie net sê nie, maar laat ons dade van geloof dit bevestig. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat nie meer weet watter kant toe nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 23, 2025
1. MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 2. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 3. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? *** Kern gedeelte: "MOENIE oordeel nie" Vanoggend mag sommige nie met my saamstem nie, maar laat dit so wees. Ek sê dikwels, wanneer ons een vinger na 'n ander toe wys, wys daar drie vingers terug na ons toe. En voordat ons kritiek lewer oor ander mense se lewe, laat ons net so oomblik neem om te kyk waar ons vandaan kom en waar ons tans is. Ons lewer in een area van die persoon se lewe kritiek, maar in die ander areas is hulle dalk beter af as ons, is hulle dalk beter mense as ons. Daarom sê die Woord, want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. Die wêreld doen reeds genoeg afbreek aan GOD se mense, dus, laat ons woorde eerder opbouend wees. ------- GEBED. VADER, met dieselfde mond spreek ons dood oor ander mense se lewens, en met dieselfde mond wil ons U loof en prys. Ons besef nie dat 'n fontein nie skoon, en troebel water kan voortbring nie. Ons vra vanoggend slegs dat U Heilige Gees ons oë sal oopmaak vir ons eie foute en ons eie tekortkominge. Laat ons nie in ons eiewysheid sal bly staan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Lig in ons eie lewens sal inskyn en die donker daarin verlig. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 20, 2025
1. JY mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om 'n kwaadwillige getuie te wees nie. 2. Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie. 3. Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie. *** Kern gedeelte: "Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie" Wat gaan ek hieroor sê? Om die meerderheid te volg in die verkeerde dinge is dieselfde as om deur 'n rivier in vloed meegesleur te word. In vloed word alles meegesleur maar soos die water sak, lê die opdrifsel orals op die walle van die rivier. Moenie in die rivier inspring nie, want jy sal uitvind dat as die meerderheid se sensasie verby is, sal hulle weer agter iets nuut aanhardloop maar jy gaan een van die opdrifsels wees wat langs die pad gaan agterbly. Eers dan sal jy besef dat jy eerder op die rots moes gebly tot die vloed gesak het, en dan kon jy die pad van onpartydige opregtheid verder saam met GOD gestap het. Staan vas in ons Rots en Vesting, in JESUS CHRISTUS, en geen vloed sal jou skuif nie. ------- GEBED. VADER, ons word soos golwe van die see voortgedryf, en elke lewens vloed sleur ons mee omdat ons geloof nie in U geanker is nie. Ons Verlosser is nie meer die basis van ons lewe nie en daarom begin ons te wankel. Gee ons asb die krag om weg te draai van die "wêreld" en na U terug te keer. Inndie Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir standvastigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 19, 2025
24. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 25. Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? 26. Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. *** Kern gedeelte: "Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde" Ongeag waar, wanneer ons aansit om te eet, dan bid ons en dank ons GOD vir al die seëninge in ons lewe, en waar ek mag gaan vertel ek mense van ons GOD, ons VERLOSSER en die inwerking van die Sy HEILIGE GEES in ons lewe. Die hartseer gedeelte is dat baie mense wat voorgee dat hulle GOD dien, wegskrum en nie aan die gesprek deelneem nie, hulle kan nie vinnig genoeg wegkom nie, of hulle eerste reaksie is, wie kyk of het iemand dalk gesien. Jy kan voorgee solank as wat jy wil, maar die dag van rekenskap gaan niemand mis nie, dan sal hierdie woorde jou oordeel bepaal en daarom lees ek dit weer: Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. ------- GEBED. VADER, voor U staan ons vanoggend en ons vra vir die krag, sterkte en geloof, sodat waar ons ookal mag gaan, ons U sal verheerlik en die Naam van ons Verlosser sal grootmaak in die teenwoordigheid van die "wêreld". Laat U Naam uitgebeeld word in ons handel en wandel, in ons vriendekring en familie. Laat selfs ons vyande weet, U Reddende Regterhand dra ons en ondersteun ons en daarom sal ons nie struikel nie. In Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vrymoedigheid om ook aan ander die Evangelie van Redding te verkondig. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 18, 2025
2. En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. 3. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. *** Kern gedeelte: "En toe hulle gevas en gebid het" Vanoggend se boodskap is kort, maar tot die punt. Ek oordeel niemand, maar as jy glo dat jy nie kan vas nie moenie begin nie, want jy het reeds opgegee nog voor jy begin het. As jy van opinie is dat daar geen voordeel in vas en gebed is nie, hou vas waaraan jy glo, want dit is steeds jou opinie. Maar weet dat JESUS self aan sy dissipels gesê het, Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie. Die wêreld sal jou anders probeer oortuig, maar deur gebed en vas sal jy nie net jou geestelike lewe verbeter nie, maar jou liggaam en gesondheid sal ook daarby baat.. ------- GEBED. VADER, ons vra dat U Heilige Gees ons sal lei oor wanneer ons moet vas, en vir hoe lank. Leer ons asb om 'n GOD welgevalle lewe voor U te lei, en dat ons sal wegdraai van die wêreld en sy sondes, terug na U toe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons volharding van ons geloof in U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings