JAKOBUS 1:19-21 AFR53
19. SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
20. Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
21. Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
***
Kern gedeelte:
"stadig om te praat, stadig om toornig te word"
'n Mens kan nie jouself, jou spieëlbeeld nie sien in 'n pot kokende water nie, daarom laat die water afkoel, laat jou gemoed rustig word, oordink die situasie.
As die water stil en kalm is, eers dan sal jy die volle prentjie sien.
As jy dan nog nie seker is hoe om die situasie te hanteer nie, hanteer die situasie in liefde, in kalmte.
Die maklikste manier om die situasie in GOD se Wil te hanteer, in liefde te hanteer, is om die volgende vraag te vra.
Wat sou JESUS gedoen het, en daarin sal jy jou antwoord vind!
Moenie deur oorhaastige woorde en dade aan hierdie wêreld gelykvormig word nie!
-------
GEBED.
VADER, spyt is 'n goeie ding, maar spyt kom altyd te laat. So ook woorde wat gespreek is, soos vere wat deur die wind verstrooi is, kan dit nooit weer teruggetrek word nie. U Woord sê vir ons dat lewe en dood is in die mag van die tong, daarom gee ons asb die krag om in die hitte van die oomblik, eerder stil te bly, te luister as om woorde van dood te spreek waaroor ons later bitter jammer gaan wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om elke situasie in liefde te hanteer.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





