JEREMIA 32:41-43 AFR53

September 4, 2025

41. En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.

42. Want so sê die Here: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.

43. En daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee.


***


Kern gedeelte:

"dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee"


Soveel van ons mense in ons land Suid -Afrika het reeds moed opgegee en glo ook dat ons land nooit weer sal herstel nie.

Dit mag dalk 'n opinie wees, en soveel mense glo die leuen wat die "verderwer" en sy werkers versprei.

Solank as wat jy negatief is oor ons land gaan jy nie bereid wees om aktief op te staan, te doen wat reg is nie, en weer eienaarskap vat oor die grongebied wat GOD aan jou gegee het nie.

GOD sê vandag vir ons deur Sy Woord:

Daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee..

Luister na hierdie boodskap, staan op, neem jou grondgebied terug, dit sal so wees, want ons dien 'n GOD van wonders.


--------


GEBED.


VADER, dankie dat die winde van verandering begin waai in ons land Suid-Afrika. Dankie dat die verandering wat U bring, reeds begin het. Dankie vir die hoopvolle toekoms wat U vanoggend in hierdie boodskap vir ons bevestig.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees, ons in eenheid sal laat opstaan vir ons land Suid-Arika.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

February 26, 2026
18. En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. *** Kern gedeelte: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies" Hoe stap ons hierdie nuwe dag in? Of dit goed gaan en of dit sleg gaan, ons het een van twee keuses hoe ons die wêreld gaan instap! Ons kan instap met 'n gesindheid van nederlaag waar die wêreld ons oorwin het, waar ons spreekwoordelik soos varke in die modder rol, of ons kan instap met die oorwinning van JESUS CHRISTUS in ons lewe. Waar jy met die outoriteit waarmee GOD jou beklee het hierdie dag instap, ander mense bemoedig en stap in die respekvolle vrees en vreugde van ons Skepper, dan kan niks jou van stryk bring nie Dan sal mense JESUS CHRISTUS se Lig deur jou sien skyn, en jy sal nie net met leë woorde die Evangelie van Verlossing verkondig. As jy praat sal GOD se Heilige Gees jou die woorde gee om in outoriteit te spreek, dissipels te maak en hulle te doop in die Naam van die VADER, die SEUN EN HEILIGE GEES. ------- GEBED. VADER, dankie vir hierdie nuwe dag, 'n nuwe geleentheid om U Woord uit te dra, soms met woorde, maar meer dikwels sonder woorde. Waar die mense kan sien dat U in ons leef en dat ons nie aan hierdie wêreld gelykvormig is nie, maar ons spreek lewe oor ander, en die vrug van U Heilige Gees is sigbaar in ons lewe. Laat ons nooit versuim om U Woord te verkondig en te versprei nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elkeen wat nog in die wêreld vasgevang is, want U Lig nog nie kan sien nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 25, 2026
11. gee ons vandag ons daaglikse brood; 12. en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13. en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. *** Kern gedeelte: "soos ons ook ons skuldenaars vergewe" Ons almal glo dat ons die argitek van ons lewens is, maar dit is slegs waar wanneer ons, ons eie kop volg. In hierdie proses maak ons mense seer en word ons deur mense seergemaak en dan begin siklus van onvergifnis. Ons bou mure van isolasie, mure van onvergifnis rondom ons. Onvergifnis is om daagliks 'n klein dosis gif in te drink en te dink dat iemand ander daarvan gaan doodgaan. Die onvergifnis vernietig jou lewe, en die persoon wat jou leed aangedoen het stap skotvry weg. Maar wanneer ons met die saak voor GOD kom en ons sê, VADER ek het vergewe en ek laat hierdie saak nou aan U oor, dan sal jy sien hoe GOD vir jou veg. ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend vir ons sê dat ons die verlede moet los waar dit hoort, in die verlede. Gee ons asb die krag om te vergewe, die krag om dit te laat gaan, waaraan ons vashou maar niks kan verander nie. Laat daar asb 'n nuwe lied in ons mond wees, en dat 'n nuwe Lig in ons lewe begin skyn. In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons vry sodat ons self ook vry kan wees. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 24, 2026
38. Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My. 39. En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. *** Kern gedeelte: "nie soos Ek wil nie, maar soos U wil" Ook in ons lewe sal daar tye kom wat sekere uitdagings bring, tye wat ons sal bid en vra VADER, as dit moontlik is, laat hierdie beker by ons verbygaan, nogtans nie ons wil nie, maar U Wil. Een ding wat ek deur die verloop van baie jare geleer het, GOD maak nie foute nie! Elke uitdaging, struikelblok, woestyn tyd en siekte wat ons moes oorkom, het ons net sterker gemaak, karakter gevorm en ons deursettings vermoë geleer. Nie alleen dit nie, dit het ons ook geleer om nie sommer net te besluit nie, maar om GOD te ken in elke saak en op Hom te vertrou om ons deur te dra. Maak nie saak wat jou probleem vandag sal wees nie, gee die eerste tree, en GOD sal jou die krag gee, Hy sal jou deurdra, maar jy moet volhard in Sy plan vir jou lewe. ------- GEBED. VADER, soveel keer stap ons weg van U plan vir ons lewe, mis ons die deurbrake wat U reeds vir ons voorberei het, omdat ons nie U plan vir lewe volg nie. Vandag kom ons voor U en vra, nie soos ons wil nie, maar soos U Wil, want ons weet dat U ons reeds tot hiertoe gedra het, krag gegee het, ons vesterk het. Daarom kan ons ook vanoggend sê, met my GOD loop ek 'n bende storm, met my GOD spring ek oor 'n muur. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om te volhard, en nie langs die pad op te gee nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 23, 2026
13. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. 14. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. *** Kern gedeelte: "Vrees God en hou sy gebooie" Daar is soveel verwarring oor wat is reg en wat is verkeerd, en tog is die Woord van GOD so eenvoudig dat selfs 'n kind dit kan verstaan. In Mattheus 6:33 staan geskrywe: Soek eers die Koningkryk van GOD en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. As jy GOD se gebooie noukerig lees en verstaan wat jy lees, sal jy in die eerste vier gebooie jou verhouding met GOD verstaan en in die laaste ses, die verhouding tussen mens en mens. Dan begryp ons beter wanneer die Prediker sê: Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Moenie dat mense jou verwar nie, lees self GOD se Woord, spandeer tyd in gebed, en die waarheid sal jou vrymaak. *** GEBED. VADER, laat U Heilige Gees die sluier oor ons oë lig sodat ons die Waarheid vannU Woord kan sien en verstaan. Leer ons asb om weer te glo soos 'n kind en nie in twyfel te staan teenoor U beloftes nie, want U is 'n Waarmaker van U Woord. Laat die boodskap van U Evangelie nie by ons bly nie maar dat ons die waarheid van U Woord versprei met elke geleentheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geseënde lippe wat slegs die waarheid sal spreek. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 20, 2026
41. En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? 42. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. *** Kern gedeelte: "Waak en bid" Die ouer mense het altyd gesê, nee kyk, nou het ek alles gesien! Maar vandag wil ek vir jou sê, nee, jy het nog nie alles gesien nie, want elke dag voeg die "verderwer" 'n nuwe verleiding, in hierdie wêreld by, 'n nuwe wapen wat jy tot struikeling kan bring. Moenie vir een oomblik dink dat jy nie aangeraak sal word deur die sondes en verleiding van hierdie wêreld nie. Alles wat 50 jaar terug ondenkbaar was vir ons ouers, is nou in ons huise en lewens deur middel van media, TV, en Selfone. Nie een van ons is kwytgeskeld nie. en daarom is hierdie boodskap so dringend vanoggend. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en belei ons sondes. Ons laat dinge toe wat nie in ons lewens hoort nie en ons maak ons huise oop vir sondes en ons gee toegang tot ons gesin deur goedkeuring daarvan. Gee ons asb die krag om van vandag af, sonde op die naam te noem en laat ons dit nie in ons huise of ons lewens toelaat nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons dubbele standaarde. Gee ons asb vandag die krag om te breek met die sonde. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 19, 2026
14. TOE gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters 15. en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg. 16. En van toe af het hy 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer. *** Kern gedeelte: "het hy 'n goeie geleentheid gesoek" Nie almal in jou lewe, wat tans die lewenspad saam met jou stap is jou vriende nie. Baie mense sal die pad saam met jou stap, terwyl dit tot hulle voordeel is, maar die dag sal kom wanneer die tyd reg is in hulle opinie, en dan sal die ware kleure na vore kom. En moenie dink dat dit nie met jou sal gebeur nie, want selfs JESUS CHRISTUS ons Verlosser is deur die mens verraai. Ons soek almal na die een persoon wat na ons rug sal kyk, sodat iemand ons nie onverhoeds betrap nie, maar sekere mense kyk na jou rug en soek na 'n goeie plek om jou in die rug te steek. Hou dit wat privaat is vir jouself, en deel met die wêreld en sy mense net dit wat hulle nodig het om te weet. ------- GEBED. VADER, dankie dat U ons vanoggend daarop wys dat ons moet leer om stil te bly, dat ons nie alles met almal moet deel nie. Laat dit wat privaat is, privaat bly en dat ons nie alles aan almal bekend moet maak nie. Ons vra vir U beskerming en vra ook dat U die mense uit ons lewe sal verwyder wat nie daar moet wees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir reg en geregtigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Meer Plasings