JOB 19:25-27 AFR53
25. MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
26. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
27. Hom wat ék sal aanskou my ten goede .......
***
Kern gedeelte:
"MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef"
Vanoggend wil ek net vir jou sê dat die GOD wat jy dien is, is groter as die omstandighede waarin jy jou tans bevind.
Die Woord van GOD sê vir ons dat JESUS CHRISTUS is die Lig, die Weg en die Waarheid.
Maar steeds tas ons in die donker rond, steeds raak ons die pad byster en steeds word ons deur die leuens van die "verderwer" mislei!
Dit is omdat ons nog te veel van die wêreld en te min van die Lig van ons Verlosser in ons het.
As die "verderwer" jou vanoggend wil oortuig dat dit verby is, dat daar geen hoop meer is nie, dan staan jy op en jy verklaar:
My Verlosser leef, en as GOD al is wat ek oorhet, dan het ek alles wat ek nodig het.
Staan op, laat GOD jou rig op jou pad, en berus jou in die feit dat Hy is in beheer.
-------
GEBED.
VADER, ons wil so graag in beheer wees, terwyl U vir ons sê, My genade is vir jou genoeg. U Krag kan nie in ons "trots" en "eie ek" werk nie, maar die dag wanneer ons niks meer het en nie weet watter kant toe nie, dan eers kom U Krag in ons na vore, dan staan ons eers op en sê, te midde van alles, my Verlosser leef en my GOD is in beheer. Laat ons dit nie net sê nie, maar laat ons dade van geloof dit bevestig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat nie meer weet watter kant toe nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





