LUKAS 9:24-26 AFR53
24. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
25. Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
26. Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
***
Kern gedeelte:
"Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde"
Ongeag waar, wanneer ons aansit om te eet, dan bid ons en dank ons GOD vir al die seëninge in ons lewe, en waar ek mag gaan vertel ek mense van ons GOD, ons VERLOSSER en die inwerking van die Sy HEILIGE GEES in ons lewe.
Die hartseer gedeelte is dat baie mense wat voorgee dat hulle GOD dien, wegskrum en nie aan die gesprek deelneem nie, hulle kan nie vinnig genoeg wegkom nie, of hulle eerste reaksie is, wie kyk of het iemand dalk gesien.
Jy kan voorgee solank as wat jy wil, maar die dag van rekenskap gaan niemand mis nie, dan sal hierdie woorde jou oordeel bepaal en daarom lees ek dit weer:
Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
-------
GEBED.
VADER, voor U staan ons vanoggend en ons vra vir die krag, sterkte en geloof, sodat waar ons ookal mag gaan, ons U sal verheerlik en die Naam van ons Verlosser sal grootmaak in die teenwoordigheid van die "wêreld". Laat U Naam uitgebeeld word in ons handel en wandel, in ons vriendekring en familie. Laat selfs ons vyande weet, U Reddende Regterhand dra ons en ondersteun ons en daarom sal ons nie struikel nie.
In Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vrymoedigheid om ook aan ander die Evangelie van Redding te verkondig.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





