MALEÁGI 3:5-6 AFR53
5. En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die Here van die leërskare.
6. Want Ek, die Here, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
***
Kern gedeelte.
"Want Ek, die Here, het nie verander nie"
Met tyd verander ons, maar GOD verander nooit.
Elkeen van ons verander met tyd, maar verandering en oud word is nie die probleem nie
Ons probleem is egter wanneer ons in die weë van die wêreld oud word, in die weë van die wêreld verval, en dan oud word, dan word ons negatief, verloor visie, die lewe raak moeitevol en ons lewe nie meer in GOD se geregtigheid nie.
Daarom lewe mense net vir hulleself en verloor hulle die respekvolle vrees vir GOD.
Kom ons verander, kom ons begin weer in GOD se Wil lewe, en vrede wat alle verstand te bowe gaan sal oor ons kom, en GOD se liefde sal weer in ons begin brand.
-------
GEBED.
VADER, voordat U dag van strafgerig aanbreek, open asb ons oë, sodat ons die ware persoon in onself kan raaksien. Laat ons asb self ondersoek doen en erkentlik wees vir ons eie foute. Gee ons asb krag om vandag te begin, om anders na die wêreld te kyk.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Goedheid en U Guns in ons lewe.
Amem.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






