MALEÁGI 2:7-9 AFR53
7. Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die Here van die leërskare.
8. Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die Here van die leërskare.
9. So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
***
Kern gedeelte:
"julle het baie deur jul onderrig laat struikel"
Een ding moet ons deeglik verstaan, anders gaan dit ons tot ons bittere spyt wees.
Die dagstukke wat ons lees of luister, kan nie ons totale verhouding met GOD saamvat nie, want dit is eensydig.
So ook die uur wat ons in die kerk spandeer, dit kan nie ons hele lewe in GOD bevestig nie.
Wees gewaarsku, die leringe van hierdie wêreld, die leuens van die "verderwer" word baie mooi gemaak deur woorde wat jou van die pad af lei, waar jy dit die minste verwag.
Lees die Woord van GOD, bevestig of die onderrig suiwer is, kyk of die kennis bewaar word en of dit suiwer is.
Wees gewaarsku, mooi woorde is nie altyd die waarheid nie, en die waarheid het nie altyd mooi woorde nie.
-------
GEBED.
VADER, lei ons asb in U "Waarheid" sodat ons U Wil in ons lewe kan verstaan. Ons vra dat U Heilige ons sal lei, ons oë sal open sodat ons deur die sluier van leuens sal sien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Hand van beskerming in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






