SPREUKE 1:7-9 AFR53
7. DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
8. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
9. want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.
***
Kern gedeelte:
"sotte verag wysheid en tug"
Al ooit die antwoord gehoor?
Dit is my lewe, ek kan daarmee maak wat ek wil en ek kan lewe soos ek wil.
Die probleem met die persoon is dat hy nog nie verstaan, dat hy nie verstaan nie?
Daarom sê die Woord van GOD, sotte verag wysheid en tug.
In tyd sal die meule van lewe sy tol eis, en 'n dieper begrip sal ontwikkel, en eers dan sal die persoon tug en teregwysing aanvaar.
Maar vir nou, laat hom begaan, laat hy sy kop stamp.
As hy nie eers respek vir homself het nie, hoe sal hy dan respekvolle vrees vir GOD hê?
-------
GEBED.
VADER, tyd is 'n goeie leermeester, maar spyt kom altyd te laat. Gee ons die krag en standvastigheid en deursettings vermoë en nee te kan sê en dan by ons Woord te hou. Laat ons nie sonde in ons lewe toelaat of goedkeur nie. Leer ons wanneer dit tyd is om te laat gaan.
In die Naam van ons Messter YESHUA, bid ons vir 'n beginsel vaste gesindheid in U Woord, Wil en Weg.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






