A logo for tent van samekoms with a cross in the middle

HANDELINGE 4:11-12 AFR53

April 1, 2025

11. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

12. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.


***


Kern gedeelte:

"En die saligheid is in niemand anders nie"


As jy vanoggend nog enige twyfel in jou hart het, wil ek dit helder en duidelik bevestig!

Dit wat jy tans voor bid, jou oplossing, jou deurbraak, jou genesing, die wonderwerk wat jy tans op wag sal net op een manier, deur een Naam bewerkstellig word, en dit is deur gebed tot GOD, in die Naam van JESUS CHRISTUS.

As jy vanoggend nog glo dat dit nie moontlik is nie, nog gryp na grashalms, jou hoop en uitkoms op die arm van vlees stel, dan is jy op die verkeerde pad.

Weet, dat die gebed van die regverdige het groot krag, en jou gebed kan jou omstandige skud, verandering in jou lewe inforseer, deur GOD se Wil.

Maar niks gaan gebeur, as die verandering nie by ons begin nie, as ons nie in gebed tot GOD nader, en bid in die Naam bo alle Name nie, die een Naam wat ook jou lewe sal verander.

Stel dit op die proef, en sien hoe sake verander, sien hoe jou twyfel, jou getuienis word.


-------


GEBED.


VADER, ons twyfel is die fondasie en boublokke van ons huidige omstandighede, en ons besef nie die krag van gebed nie. In U Woord lees ons dat die gebed van die regverdige het groot krag. Laat ons eers voor ons eie deur vee, eers ons eie huis in orde kry, sodat ons in onpartydige opregtheid tot U kan nader, dat ons U perfekte Wil vir ons lewe sal verstaan. Laat ons gebed ons boublokke van geregtigheid word.

In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elke negatiewe situasie, spreek ons Sy Lig in elke donker aspek van jou lewe in.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

April 11, 2025
2. Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. 3. Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. 4. Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. *** Kern gedeelte: "Dien die Here met blydskap" Ek kyk rondom my, dan sien ek hoe kinders van GOD worstel met die sake van die wêreld. Hoe bekommernis, depressie en angstigheid, hulle van hulle lewens vreugde ontneem. Wanneer ons meer tyd met GOD spandeer, nader aan Hom beweeg sal jy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. As jy vanoggend voel dat alles vir jou te veel raak, weet dat jy tot alles in staat is deur JESUS CHRISTUS wat jou die krag gee. Daarom neem die tyd wat jy in bekommernis deurbring en spandeer dit in gebed. Dank GOD vir dit wat jy het, en moenie bekommerd wees oor jou tekortkomimge nie, GOD weet reeds dat jy voorsiening en genesing nodig het. Die kinders van die wêreld jaag agter hierdie dinge aan, maar GOD gee dit aan sy beminde in sy slaap. ------- GEBED. VADER, daagliks oortuig die media platforms van die wêreld ons dat ons nie goed genoeg is nie en dat ons dit nie gaan maak nie. Ons loof U nie in vreugde nie, en dien U nie met blydskap nie, omdat ons in vrees lewe en die leuens van die "verdêrwer" glo. Open asb oë sodat ons waarheid sal sien, in ons gees kalm sal wees met die wete dat ons GOD in beheer is. In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir kalmte van gemoed en helderheid van verstand. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 10, 2025
9. Daarom, so sê die Here Here: Wee die bloedstad! Ék sal ook die houtstapel groot maak. 11. En laat dit leeg op sy kole staan, dat dit warm kan word en sy koper kan gloei en sy onreinheid kan smelt in hom — sy roes verteer kan word. 12. Dit het My met moeite oorlaai, en sy baie roes gaan nie van hom af nie. Sy roes moet die vuur in! *** Kern gedeelte: "Sy roes moet die vuur in!" As kind het ek dikwels hierdie woorde by my ma gehoor, vat die pot en gaan brand hom skoon. Jy kan skuur tot vervelens toe aan daardie pot, maar die roes het bly sit en wanneer jy kos probeer kook, trek die roes in die kos in. So is ons lewens ook maar dieselfde, GOD kan skuur aan ons lewe deur die inwerking van Sy Heilige Gees, maar as ons verhard geraak het, die roes van sonde te veel is, is daar net een manier. Ons moet deur die vuurproef van die lewe gaan, en dit is eers wanneer ons daardeur is, dat ons besef hoe vuil en vol roes ons lewens eintlik was. GOD praat en dit sal kom, want ons GOD is nie net 'n GOD van barmhartigheid nie, maar ons GOD is ook 'n verterende vuur. Daar lê vanoggend twee paaie voor ons oop, die pad van bekering, deur JESUS CHRISTUS, of die pad wat deur die vuuroond van die lewe gaan, waar die roes van die sonde uit ons lewens weggebrand moet word, sodat ons weer bruikbaar voor GOD kan staan. ------- GEBED. VADER, dit is in ons menslike natuur dat ons eers moet voel, voor ons sal luister. Mag ons vandag by hierdie vurk in die pad, die regte besluit maak, die besluit van bekering en Verlossing deur U Seun. Laat ons skoon kom, voor ons roes van sonde ook in ander se lewens sal begin inwerk. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Woord vandag, die Lamp vir ons voet en die Lig vir ons pad sal wees. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 9, 2025
1. TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê: 3. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. *** Kern gedeelte. "Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie" Elke mens, ongeag in watter stand van die lewe, het 'n soeke na iets, 'n liefde vir dit wat hom dryf. Maar hier is die waarheid, as jy nie GOD liefhet nie, sal jy iets anders liefhê. En enige iets wat ons bo GOD stel, is 'n afgod. Ek gaan nie vanoggend weer alles lys nie want elkeen wat hierdie boodskap lees of luister, weet wat in hulle lewe aan die gang is, hulle weet wat is die dinge wat hulle bo GOD stel. GOD se Woord is duidelik, jou moet die HERE jou GOD liefhê met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand. Kom ons onthou gerus hierdie Engelse stelling: If GOD is anything to you, then HE is everything to you, but if GOD is not everything to you, then HE is not anything to you. ------- GEBED. VADER, ek staan vanoggend in nederigheid voor U, met die besef in my hart dat ek nog steeds soveel dinge in my lewe voor U stel. Ons hoef net te kyk na die begeertes van die oë, na die dinge wat ons gedagte-gang beheer, en ons aan die wêreld vasmaak. As ons soek sal ons vind, en hierdie antwoord is voor die hand liggend. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die waarheid, want die waarheid sal ons vrymaak. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 8, 2025
9. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10. Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. *** Kern gedeelte: Moenie dwaal nie! Hierdie is nie net 'n waarskuwing nie, maar 'n waarskuwing met 'n uitroep teken! Waar is GOD in ons land, vra mense my, dat Hy toelaat dat alles so ten gronde gaan. Ek antwoord die vraag met 'n vraag, wys my GOD se teenwoodigheid in jou huis, jou lewe, en ek wys jou GOD se teenwoordigheid in ons land. Ons soek GOD se teenwoordigheid waar dit ons pas, maar ons keur alles goed, wat teen Sy Woord staan. As jy met my verskil, gaan raak stil en kyk met 'n streng oordeel wat jy in jou huis, jou huwelik, jou gesin en lewe toelaat. Waar jy nog dinge toelaat, wat teen GOD se Woord staan, sal jy die oordeel dra, want jy is nog deel van die misleiding van hierdie wêreld. Die dag wanneer ons as GOD se volk in hierdie land in eenheid tot GOD terugkeer, sal die herstel begin! Dan sal die eenheid wat GOD se Woord bring, ons weer saamvoeg en ons land die ligpunt van hierdie wêreld maak! Moenie dwaal nie, en moet jouself nie laat mislei nie. Die Woord van GOD is baie duidelik. ------- GEBED. VADER, ons word deur die leiers mislei, die priesters het soos die volk geword, en die media het die sonde so normaal en aanvaarbaar gemaak dat ons nie meer die verskil sien nie, dat ons oordeel van so aard aangetas is, dat ons dit in ons huise, gesinne en lewens goedkeur. Ons bid vandag slegs dat U Heilige Gees ons oë sal open, sodat ons die waarheid kan sien. Laat ons nie verder dwaal nie! In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat die verskil tussen waarheid en dwaling kan sien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 7, 2025
12. En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom. 13. Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die Here dan doen wat goed is in sy oë! *** Kern gedeelte: Mag die HERE dan doen wat goed is in Sy oë! Daar gaan 'n tyd kom wat die oormag voor jou groot is, die situasie voor jou baie moeilik lyk. Moenie huiwer nie, moenie twyfel nie, neem die besluit, berei jou deeglik voor, en doen alles wat menslik moontlik is. Vra ander om jou te help, net soos wat jy ook bereid moet wees om op die regte tyd hulp aan ander te verleen. Die res van die saak, los jy dan in GOD se hande, laat Sy Wil geskied, want jou sukses, jou oorwinning sal nie deur die hand van vlees wees nie, maar deur die Hand van GOD wat die onmoontlike, moontlik maak. Beweeg in geloof, en jy sal aanskou hoe GOD jou vooruitgaan, jou oorwinning bewerkstellig. -‐----- GEBED. VADER, hier waar ons vandag staan, lyk die situasie onmoontlik, lyk die oormag te groot. Maar ons weet dat ons hulp nie van die wêreld sal kom nie, maar deur die reddende regterhand van GOD. Laat ons egter besef dat ons ook 'n deel het om te doen. Ons moet deeglik voorberei, ons moet ons deel doen, ons beplanning moet tot oorwinning wees, en ons moet nie vir die nederlaag voorberei nie. Ons moenie die stryd gewonne gee, nog voor ons begin het nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, plaas ons die saak van sukses, die saak van oorwinning in U Hand. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 4, 2025
39. Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 40. En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. 41. En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. *** Kern gedeelte: "loop met hom twee myl saam" Elke dag kom ons mense teë wat daarop uit is om ons lewe moeilik te maak, oneerlik, lewe net vir hulleself, skelm of manipulerend, ongeag moenie deel word van hulle lewens spel nie. So dikwels wil ons rondloop met die "ek sal hom wys" gesindheid terwyl GOD eintlik die persone oor jou pad gebring, sodat hulle van GOD's Woord kan leer. Sodat hulle die gesindheid en handelinge van ons Verlosser JESUS CHRISTUS ook in jou sal sien. Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie, maar staan vas in jou geloof's beginsels en vertrou GOD om jou die nodige leiding te gee hoe om elke situasie te hanteer. Laat die onuitblusbare Lig van ons Verlosser deur jou skyn vir die wêreld om te sien. ------- GEBED. VADER, ons wil so graag reg in eie hande neem, terwyl ons eerder soos Hiskia, elke saak voor U voete moet bring, daar moet plaas en vir U los om daarmee te deel. Laat ons die "eie ek" wat alles op my manier wil hanteer tot ruste sal lê en begin luister na die inspraak van U Heilige Gees. Gee ons asb die krag om nie die "verderwer" toe te laat om sake deur agressie te vererger nie. Laat ons nie brandstof op 'n reeds brandende vuur gooi nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte van gemoed, vir U vrede wat alle verstand te bowe gaan. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings
Share by: