PREDIKER 2:10-11 AFR53
10. En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, en dit was my deel van al my moeitevolle arbeid.
11. Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het — en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie.
***
Kern gedeelte:
"alles tevergeefs en 'n gejaag na wind"
Nee, vanoggend se boodskap is nie negatief nie, maar as een van die mees wyse manne in die wêreld dit kon insien, dan dra hierdie stelling gewig.
Neem so oomblik en laat hierdie net insink!
Ja dit is so, ons almal moet leef en oorleef, maar ten koste waarvan?
Een ding is seker, soos ons met niks in die wêreld ingekom het nie, so gaan ons ook niks saamneem die dag as ons sterwe nie.
Lewe geballanseerd, daar is 'n tyd om te werk, 'n tyd om te rus, 'n tyd om aan jou gesin aandag te gee.
Spandeer tyd saam met die mense wat vir jou omgee, mense wat nog steeds daar vir jou sal wees nadat jy jou besigheid of jou werk verloor het.
Die tyd stap aan, gister is verby en die uurglas loop leeg.
As vandag jou laaste dag was, met wie sou jy jou tyd wou deurbring?
Moenie wag nie, môre is nie in ons hande nie.
-------
GEBED.
VADER, ons spandeer ons lewe in die rot-resies van wêreld ten koste van ons verhouding met U, ten koste van ons families en geliefdes en selfs ten koste van ons gesondheid. Laat ons asb vandag net so oomblik tot stilstand kom sodat ons, ons kan prioriteite uitsorteer, en kyk na wat werklik belangrik is in ons lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal lei deur die inwerking van U Heilige Gees, om die regte besluite te maak, ewige lewe en nie ewige verderf besluite nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






