ROMEINE 8:5-8 AFR53
5. Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
6. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
7. omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
8. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
***
Kern gedeelte:
En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie
Ons kan 'n lewe van voorgee, voor mense lei, maar GOD sien die waarheid.
Sy Heilige Gees getuig vir ons of teen ons, afhangend waar ons geestelike lewe tans is.
Lees die hele hoofstuk 8 van Romeine en laat dit insink.
As GOD nie alles is vir jou nie, dan is Hy niks vir jou nie.
Jy is of gered of jy is nie.
Soveel mense verklaar dat JESUS CHRISTUS hulle Verlosser en Saligmaker is, maar die duisternis van die wêreld verblind nog hulle oë, hulle denke, hulle weë, sodat hulle die pad van Waarheid nie kan sien nie.
Onthou net, die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
-------
GEBED.
VADER, gee asb aan ons die krag om die deure van versoeking toe te hou, want die "verderwer" het sy vingers oral in. Soms is dit wat so reg lyk, juis die verkeerde ding, en as dit te goed lyk om waar te wees, dan is dit juis die weg van struikeling. Beskerm ons asb dat ons nie weer in die strikke van die vlees sal trap nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om geestelik, staande te bly.
Amen
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel+27716283107





