14. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
15. Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;
16. en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
17. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.
***
Kern gedeelte:
"Koop die tyd uit"
Sedert gistermiddag druk hierdie boodskap swaar op my hart, en vanoggend het ek hiermee wakker geword.
Ons leef in 'n era waar "tyd" ons kosbaarste kommoditeit is, en geen geld kan dit koop nie.
Ons almal weet dit, maar soos 'n volstruis met sy kop in die sand, probeer ons hierdie realiteit miskyk.
Soos die Engelse lied sê, "You've gotta stop, and smell the roses".
Gaan luister gerus na die lied en dan besef jy, minder is meer, ons moet ons seëninge begin tel, en aandag skenk aan dit wat geld nie kan koop nie.
Tyd saam met GOD, jou vrou, jou kinders en familie.
Nie een van die wêreld se mense gaan bydrae tot jou ewigheids plan nie, en jou naaste familie en vriende gaan jou afsien op jou begrafnis.
Ek sê weer, Koop Die Tyd Uit.
Môre is jou nie gewaarborg nie!
-------
GEBED.
VADER, ons besef nie altyd die hoe kosbaar tyd is nie. Ons bly kibbel, baklei en bemoei ons met die dinge wat verdeeldheid instede van eenheid bewerkstellig. Ons jaag agter die wêreld aan asof die dag van môre vir ons gewaarborg is. Help ons asb om vanoggend tot stilstand te kom, sodat ons weer besef wie en wat belangrik is, wat het ewigheids waarde en wat is 'n gejaag na wind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir dieper insig sodat ons sal verstaan wat die wil van die HERE is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107
All Rights Reserved | Tent Van Samekoms | Privacy Policy