EXODUS 20:1, 3, 6 AFR53
1. TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
3. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
***
Kern gedeelte.
"Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie"
Elke mens, ongeag in watter stand van die lewe, het 'n soeke na iets, 'n liefde vir dit wat hom dryf.
Maar hier is die waarheid, as jy nie GOD liefhet nie, sal jy iets anders liefhê.
En enige iets wat ons bo GOD stel, is 'n afgod.
Ek gaan nie vanoggend weer alles lys nie want elkeen wat hierdie boodskap lees of luister, weet wat in hulle lewe aan die gang is, hulle weet wat is die dinge wat hulle bo GOD stel.
GOD se Woord is duidelik, jou moet die HERE jou GOD liefhê met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand.
Kom ons onthou gerus hierdie Engelse stelling:
If GOD is anything to you, then HE is everything to you, but if GOD is not everything to you, then HE is not anything to you.
-------
GEBED.
VADER, ek staan vanoggend in nederigheid voor U, met die besef in my hart dat ek nog steeds soveel dinge in my lewe voor U stel. Ons hoef net te kyk na die begeertes van die oë, na die dinge wat ons gedagte-gang beheer, en ons aan die wêreld vasmaak. As ons soek sal ons vind, en hierdie antwoord is voor die hand liggend.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die waarheid, want die waarheid sal ons vrymaak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





