I KORINTHIËRS 10:31-33 AFR53
31. Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
32. Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;
33. net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.
***
Kern gedeelte:
"doen alles tot verheerliking van GOD"
Moenie GOD se Woord as 'n argument punt gebruik wat mense wegdryf van JESUS CHRISTUS af nie.
Dit is nie die doel nie!
Instede daarvan om sekere aksies te verdedig, wil ek eerder net die volgende vyf vrae vra?
* Stel jy GOD eerste in alles wat jy doen?
* In alles wat jy doen of sê, doen jy dit ter ere van GOD?
* Strewe jy daagliks daarna om meer en meer soos JESUS CHRISTUS te wees?
* Kan ander mense rondom jou, die Lig van JESUS CHRISTUS deur jou sien skyn?
* Lewe jy met die Lewende Woord van GOD op jou lippe, wat opbou en nie afbreuk nie?
As die antwoord ja is op al die bogenoemde antwoorde, sal jy nie veel meer hê om oor te argumenteer nie, maar jou doelwit sal wees, siele tot bekering, en nie argumente oor leerstelling nie.
-------
GEBED.
VADER, die leerstellings van mense veroorsaak twis en verdeeldheid terwyl U Liefde versoening, eenheid, verdraagsaamheid en ondersteuning bring. U Woord is duidelik, wat U Seun aan ons gebring het, jy moet die HERE jou GOD liefhê met jou hele hart, siel en verstand en jou naaste soos jouself. En vir wie die "Liefde" nie verstaan nie, is dit duidelik gemaak met die woorde, en hierin is die liefde, dat jy my gebooie onderhou. Gee ons asb die krag om oor U Liefde te spreek wat siele tot bekering sal bring.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gesindheid wat mense na U toe sal trek en nie sal wegdryf nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






