I KORINTHIËRS 15:33-34 AFR53
33. Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
34. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
***
Kern gedeelte:
"want sommige het geen kennis van GOD nie"
As jy al die pad gestap het om die Evangelie van JESUS CHRISTUS te verkondig, dan sal jy verstaan wat Paulus probeer sê.
Daar is mense wat nie nie Woord van GOD wil erken of aanvaar nie, want hulle het geen kennis van GOD nie, hulle lewe net vir hulleself en in hulleself.
"Die mens" is vir homself die belangrikste deel in "sy heelal" en op die gegewe oomblik gaan niks die saak verander nie.
Kind van GOD, moenie betrokke raak in woorde en gesprekke wat tot dwaling gaan lei nie.
As jy die Woord gegee het, JESUS CHRISTUS verkondig het, draai om en stap weg.
Laat die meule van die lewe sy gang gaan en los die res vir die inwerking van die Heilige Gees om op die regte tyd die persoon se hart aan te raak.
Die bloed is nie meer op jou hande nie!
-------
GEBED.
VADER, ons hou aan en aan om dieselfde woord te verkondig aan iemand wat nie gehoor gee nie en dit bring ons van stryk, ons raak moedeloos oor die situasie. Dit begin ons verhouding met U affekteer en ons word tot dwaling gelei. Bevestig asb dat vandag die dag is om aan te beweeg, en die res in U hande te los.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die hardnekkige sondes in ons lewe. Gee ons asb die krag om dit te oorkom.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






