JOB 42:7-8 AFR53
7. EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
8. Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
***
.
Kern gedeelte:
"en laat my kneg Job vir julle bid"
Orals op die lewenspad gaan mense met ons verskil, maar ons moet dit nooit so persoonlik maak dat ons nie vir hulle kan bid nie.
Ja, JOB se vriende het met hom geargumenteer, maar op die einde was hulle verkeerd en JOB moes vir hulle bid.
Job aan die ander kant was ook nie ongehoorsaam toe hy vir sy vriende moes bid.
As ons verder sou lees sal ons sien GOD het Job se lot verander nadat hy vir sy vriende gebid het.
Moenie toelaat dat weersin jou hart oorneem nie, maar bid eerder vir die mense met wie jy verskil.
Dit kan slegs sake verbeter.
-------
GEBED.
VADER, ons neem alles persoonlik op en keer ons in onself, want die mense het met ons verskil. Leer ons asb vandag dat verskille bou karakter, en geen argument is so belangrik dat ons nodig het om ons siel daaroor te verloor nie. Leer ons asb om eerder vir mense te bid as om hulle te kritiseer, te vergewe eerder as om hulle te woorde te kruisig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal help om te vergewe en aan te beweeg.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






