I KORINTHIËRS 15:57-58 AFR53
57. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
58. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
***
Kern gedeelte:
"wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus"
Het jy al gevoel jy kan nie meer nie, dinge raak te moeilik en jy wil opgee, maar aan die einde van die dag, week of maand, as jy terugkyk, het jy jou berg van probleme oorkom.
So ook wanneer ons in die Woord van GOD lewe, die Woord van GOD verkondig, daar sal dae kom wat ons vra, maak dit ooit 'n verskil, is dit die moeite werd om aan te gaan.
Vroeër in die bediening het ek myself moeg geworstel, dikwels gebid en gevra hoekom GOD my nie kerk toe stuur nie, en die antwoord wat ek ontvang het was eenvoudig!
Werk jy waar ek jou geplaas het!
Paulus het ook nie in 'n kerk gebou gesit en wag dat mense na hom toe kom nie!
Ek vra nie meer hoekom ek voltyds moet werk en terselfdetyd in die bediening moet staan nie want ek weet dat waar ek ook vandag mag gaan, GOD sal iemand stuur wat nodig het om Sy Woord te hoor en GOD stuur dit reguit na daardie persoon se werksplek.
Waar jy ookal vandag mag gaan, hou GOD se Woord lewend op jou lippe, en lewe met die wete dat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir nog 'n dag, nog 'n geleentheid om U Woord uit te dra, en mag hierdie woord bekleed wees met U Krag, Genade, Outoriteit en Seën sodat dit 'n verskil sal maak, waar dit ookal gelees of geluister mag word. Laat ons nooit moeg word om U Woord uit te dra, te verkondig nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir ons gesinne, want die "verderwer" weet dat 'n gesin in GOD gevestig, is onbreekbaar.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






