II KORINTHIËRS 2:16-17 AFR53
16. vir die laaste 'n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste 'n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?
17. Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.
****
Kern gedeelte:
"wat handel dryf met die woord van GOD"
In die hedendaagse tyd waarin ons leef, is hierdie 'n besonderde sensitiewe onderwerp.
As ons waag om hieroor iets te sê, voel die persone wat hiermee besig is, baie geaffronteerd.
Om hierdie rede wil ek jou ook vanoggend vra, dat jy ook niks sal sê nie, maar net rondkyk en sien watter sondes goedgekeur word ter wille van geld, ter wille van die insameling van die tiendes.
Vra dat die Heilige Gees jou hierin sal lei, en jou oë sal open.
Kortliks sal jy weet en ervaar of jy langer daar moet bly, langer tyd moet spandeer in die nes van van adders.
Die waarheid van GOD se Woord is nie te koop nie!
-------
GEBED.
VADER, maak ons asb bewus van dit wat rondom ons aangaan, waar U Woord verdraai word ter wille van geld, en laat ons daarvan nie deel sal wees nie. Lei ons asb na die waarheid van U Woord, al beteken dit dat ons langs die pad mense sal verloor wat weier om die waarheid te sien, mense van vasgevang is in die verblinding van die "verderwer".
In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons dat U Waarheid ons sal vrymaak van dit waarmee die wêreld ons mislei.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






