II KORINTHIËRS 4:16, 18 AFR53

December 10, 2025

16. DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.

18. omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.


***

Kern gedeelte:

"DAAROM gee ons nie moed op nie"


Miskien was jy 'n jaar gelede in 'n posisie waar jy gedink het dat jy dit nie sou maak tot aan die einde van daardie jaar nie, en tog hier is jy vanoggend waar jy die boodskap lees of luister.

Ons omstandighede verander daagliks maar ons standvastigheid in GOD verander nooit.

As jy vanoggend oorweldig voel, onthou waar jou krag vandaan kom, draai jou gesig weg van die tydelike, van jou omstandighede en begin fokus op GOD.

Lees GOD se Woord en spandeer tyd in gebed, en weet dat Hy is ons GOD wat die onmoontlike, moontlik maak.

Die wiel van die lewe hou aan draai, en wat vandag onder mag wees, stel GOD môre weer bo.

Onthou, alles sal vergaan maar die Woord van GOD, die sal bly staan.


-------


GEBED.


VADER, in twyfel sien ons slegs die negatiewe, want dit is beeld wat die wêreld vir ons voorhou, maar as ons verby die tydelike kyk, sien ons die groter plan wat U vir ons berei het, want U plan vir ons lewe is 'n toekoms van lewe en oorvloed. Gee ons asb krag sodat ons tydelike omstandighede ons nie sal oorweldig nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om staande te bly in die oomblik van storms.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

December 15, 2025
6. Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief. 8. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. *** Kern gedeelte: "Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem" Vanoggend wil ek twee dinge onder jou aandag bring! Die eerste is dat ons nie met 'n toe hand deur die lewe kan gaan nie. Soos ons met 'n oop hand gee sal ons ook met 'n oop hand van GOD af ontvang. Maar pasop, nie almal is dankbaar vir die hulp nie, want hulle lewe in die gretigheid en hebsug na meer. Wat vandag se hulp is, word môre se verwagting. Soos miere stroom na die suiker, stroom die misbruikers na die persoon wat te maklik uitdeel. Daarom is dit nodig om te bid en te vra vir die Leiding van GOD se Heilige Gees in elke saak, laat die Heilige Gees aan jou openbaar waar hulp werklik nodig is. Ja, GOD het die blymoedige gewer lief, maar onverskillige hulp gaan later jou tot spyt en las wees. ------- GEBED. VADER, hierdie skrif gedeelte word orals deur misbruikers gebruik om op mense se gevoel te speel, om hulp te verleen waar dit nie nodig is nie. Ons vra dat U ons sal lei in hierdie saak en laat ons weerstandig sal word deur die inwerking van U Heilige Gees, sodat ons nie in die strikke van misbruik sal trap nie. Laat dit asb op ons hart gelê waar hulp werklik nodig is. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding, Wysheid en Insig sodat ons met ge-opende oë die pad kan stap. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283108
December 11, 2025
11. OMDAT ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees. 13. Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil. 14. Want die liefde van Christus dring ons. *** Kern gedeelte: "Want die liefde van Christus dring ons" Wanneer jy werklik JESUS CHRISTUS aanvaar het as jou Verlosser en Saligmaker, kan jy nie anders as om die Evangelie van Verlossing te verkondig nie. Dit sal in jou handel en wandel gesien kan word want jy het die liefde vir GOD, die respekvolle vrees vir Hom leer ken as ons Abba Vader. Dit kan nie anders nie! As die Gees van GOD by jou inwoon, sal jy jou nie meer skaam oor die Woord van GOD of die Evangelie van Sy Seun nie. Inteendeel, dit sal oorkook in jou, soos 'n bruis tablet in 'n oorvol glas water. Waar jy vandag uitgaan, laat toe dat die Gees van GOD deur jou spreek tot ander. ------- GEBED. VADER, ons vra vir die krag, wysheid en insig om ander van U Woord, U Verlossings plan te leer, sodat hulle ook U Seun sal aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker. Laat U Heilige Gees deur ons werk om ander mense na U toe te lei. Laat ons nooit swyg oor U, of Woord nie. In die naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vrymoedigheid om U Woord te kan verkondig. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 9, 2025
16. vir die laaste 'n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste 'n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam? 17. Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus. **** Kern gedeelte: "wat handel dryf met die woord van GOD" In die hedendaagse tyd waarin ons leef, is hierdie 'n besonderde sensitiewe onderwerp. As ons waag om hieroor iets te sê, voel die persone wat hiermee besig is, baie geaffronteerd. Om hierdie rede wil ek jou ook vanoggend vra, dat jy ook niks sal sê nie, maar net rondkyk en sien watter sondes goedgekeur word ter wille van geld, ter wille van die insameling van die tiendes. Vra dat die Heilige Gees jou hierin sal lei, en jou oë sal open. Kortliks sal jy weet en ervaar of jy langer daar moet bly, langer tyd moet spandeer in die nes van van adders. Die waarheid van GOD se Woord is nie te koop nie! ------- GEBED. VADER, maak ons asb bewus van dit wat rondom ons aangaan, waar U Woord verdraai word ter wille van geld, en laat ons daarvan nie deel sal wees nie. Lei ons asb na die waarheid van U Woord, al beteken dit dat ons langs die pad mense sal verloor wat weier om die waarheid te sien, mense van vasgevang is in die verblinding van die "verderwer". In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons dat U Waarheid ons sal vrymaak van dit waarmee die wêreld ons mislei. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 8, 2025
57. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. 58. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie. *** Kern gedeelte: "wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus" Het jy al gevoel jy kan nie meer nie, dinge raak te moeilik en jy wil opgee, maar aan die einde van die dag, week of maand, as jy terugkyk, het jy jou berg van probleme oorkom. So ook wanneer ons in die Woord van GOD lewe, die Woord van GOD verkondig, daar sal dae kom wat ons vra, maak dit ooit 'n verskil, is dit die moeite werd om aan te gaan. Vroeër in die bediening het ek myself moeg geworstel, dikwels gebid en gevra hoekom GOD my nie kerk toe stuur nie, en die antwoord wat ek ontvang het was eenvoudig! Werk jy waar ek jou geplaas het! Paulus het ook nie in 'n kerk gebou gesit en wag dat mense na hom toe kom nie! Ek vra nie meer hoekom ek voltyds moet werk en terselfdetyd in die bediening moet staan nie want ek weet dat waar ek ook vandag mag gaan, GOD sal iemand stuur wat nodig het om Sy Woord te hoor en GOD stuur dit reguit na daardie persoon se werksplek. Waar jy ookal vandag mag gaan, hou GOD se Woord lewend op jou lippe, en lewe met die wete dat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie. ------- GEBED. VADER, dankie vir nog 'n dag, nog 'n geleentheid om U Woord uit te dra, en mag hierdie woord bekleed wees met U Krag, Genade, Outoriteit en Seën sodat dit 'n verskil sal maak, waar dit ookal gelees of geluister mag word. Laat ons nooit moeg word om U Woord uit te dra, te verkondig nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir ons gesinne, want die "verderwer" weet dat 'n gesin in GOD gevestig, is onbreekbaar. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 5, 2025
7. EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. 8. Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. *** . Kern gedeelte: "en laat my kneg Job vir julle bid" Orals op die lewenspad gaan mense met ons verskil, maar ons moet dit nooit so persoonlik maak dat ons nie vir hulle kan bid nie. Ja, JOB se vriende het met hom geargumenteer, maar op die einde was hulle verkeerd en JOB moes vir hulle bid. Job aan die ander kant was ook nie ongehoorsaam toe hy vir sy vriende moes bid. As ons verder sou lees sal ons sien GOD het Job se lot verander nadat hy vir sy vriende gebid het. Moenie toelaat dat weersin jou hart oorneem nie, maar bid eerder vir die mense met wie jy verskil. Dit kan slegs sake verbeter. ------- GEBED. VADER, ons neem alles persoonlik op en keer ons in onself, want die mense het met ons verskil. Leer ons asb vandag dat verskille bou karakter, en geen argument is so belangrik dat ons nodig het om ons siel daaroor te verloor nie. Leer ons asb om eerder vir mense te bid as om hulle te kritiseer, te vergewe eerder as om hulle te woorde te kruisig. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal help om te vergewe en aan te beweeg. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 3, 2025
33. Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. 34. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming. *** Kern gedeelte: "want sommige het geen kennis van GOD nie" As jy al die pad gestap het om die Evangelie van JESUS CHRISTUS te verkondig, dan sal jy verstaan wat Paulus probeer sê. Daar is mense wat nie nie Woord van GOD wil erken of aanvaar nie, want hulle het geen kennis van GOD nie, hulle lewe net vir hulleself en in hulleself. "Die mens" is vir homself die belangrikste deel in "sy heelal" en op die gegewe oomblik gaan niks die saak verander nie. Kind van GOD, moenie betrokke raak in woorde en gesprekke wat tot dwaling gaan lei nie. As jy die Woord gegee het, JESUS CHRISTUS verkondig het, draai om en stap weg. Laat die meule van die lewe sy gang gaan en los die res vir die inwerking van die Heilige Gees om op die regte tyd die persoon se hart aan te raak. Die bloed is nie meer op jou hande nie! ------- GEBED. VADER, ons hou aan en aan om dieselfde woord te verkondig aan iemand wat nie gehoor gee nie en dit bring ons van stryk, ons raak moedeloos oor die situasie. Dit begin ons verhouding met U affekteer en ons word tot dwaling gelei. Bevestig asb dat vandag die dag is om aan te beweeg, en die res in U hande te los. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die hardnekkige sondes in ons lewe. Gee ons asb die krag om dit te oorkom. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings