II KORINTHIËRS 5:11, 13-14 AFR53
11. OMDAT ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.
13. Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.
14. Want die liefde van Christus dring ons.
***
Kern gedeelte:
"Want die liefde van Christus dring ons"
Wanneer jy werklik JESUS CHRISTUS aanvaar het as jou Verlosser en Saligmaker, kan jy nie anders as om die Evangelie van Verlossing te verkondig nie.
Dit sal in jou handel en wandel gesien kan word want jy het die liefde vir GOD, die respekvolle vrees vir Hom leer ken as ons Abba Vader.
Dit kan nie anders nie!
As die Gees van GOD by jou inwoon, sal jy jou nie meer skaam oor die Woord van GOD of die Evangelie van Sy Seun nie.
Inteendeel, dit sal oorkook in jou, soos 'n bruis tablet in 'n oorvol glas water.
Waar jy vandag uitgaan, laat toe dat die Gees van GOD deur jou spreek tot ander.
-------
GEBED.
VADER, ons vra vir die krag, wysheid en insig om ander van U Woord, U Verlossings plan te leer, sodat hulle ook U Seun sal aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker. Laat U Heilige Gees deur ons werk om ander mense na U toe te lei. Laat ons nooit swyg oor U, of Woord nie.
In die naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vrymoedigheid om U Woord te kan verkondig.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






