II KORINTHIËRS 9:6-8 AFR53
6. Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
7. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
8. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
***
Kern gedeelte:
"Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem"
Vanoggend wil ek twee dinge onder jou aandag bring!
Die eerste is dat ons nie met 'n toe hand deur die lewe kan gaan nie.
Soos ons met 'n oop hand gee sal ons ook met 'n oop hand van GOD af ontvang.
Maar pasop, nie almal is dankbaar vir die hulp nie, want hulle lewe in die gretigheid en hebsug na meer.
Wat vandag se hulp is, word môre se verwagting.
Soos miere stroom na die suiker, stroom die misbruikers na die persoon wat te maklik uitdeel.
Daarom is dit nodig om te bid en te vra vir die Leiding van GOD se Heilige Gees in elke saak, laat die Heilige Gees aan jou openbaar waar hulp werklik nodig is.
Ja, GOD het die blymoedige gewer lief, maar onverskillige hulp gaan later jou tot spyt en las wees.
-------
GEBED.
VADER, hierdie skrif gedeelte word orals deur misbruikers gebruik om op mense se gevoel te speel, om hulp te verleen waar dit nie nodig is nie. Ons vra dat U ons sal lei in hierdie saak en laat ons weerstandig sal word deur die inwerking van U Heilige Gees, sodat ons nie in die strikke van misbruik sal trap nie. Laat dit asb op ons hart gelê waar hulp werklik nodig is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding, Wysheid en Insig sodat ons met ge-opende oë die pad kan stap.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283108






