PSALMS 34:13-14, 16, 19-20 AFR53
13. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
14. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
16. Die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
19. Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
20. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom.
***
Kern gedeelte:
"Menigvuldig is die teëspoede"
Ons mag miskien in die wêreld wees, maar ons is nie van die wêreld nie.
Een ding is baie seker!
Hoe nader ons aan ons Skepper beweeg, hoe meer sal die wêreld teen ons draai.
Daaglikse probleme sal oor ons pad kom, maar deur gebed sal jy krag kry om dit te oorkom.
GOD sal niks oor jou pad laat kom, waarvoor Hy jou nie die krag sal gee om dit te oorkom nie, om dit te oorwin nie.
Daarom sê GOD vir ons deur Sy Woord:
Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom.
Moenie moed verloor nie want die oë van GOD is op die regverdige!
-------
GEBED.
VADER, almal smag na 'n lewe sonder probleme, terwyl U deur U Woord vir ons sê, dat probleme deel van ons lewe sal wees. Laat ons nie versuim om te bid, en U te kên in elke saak nie. Deur ons eiewysheid sal ons struikel, maar as ons tyd op ons knieë voor U deurbring sal ons staande bly voor die wêreld. Dankie dat U ons versterk teen elke aanslag in ons lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag en inwerking van U Heilige Gees in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






