I KRONIEKE 14:14, 16 AFR53
14. Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.
16. En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.
***
Kern gedeelte:
"En Dawid het gedoen soos God hom beveel het"
Wat is die doel van gebed?
Ons vra vir GOD se Wil en Sy Leiding in ons lewe.
Ons faal egter in twee areas in ons lewe, die eerste is wanneer GOD ons antwoord op gebed dat ons "A" moet doen, maar omdat ons, ons ons eie wil doen en op eie insig beweeg, gaan doen ons "B".
Waarom dan in die eerste plek tyd mors om te bid as jy nie bereidwillig is om in GOD se plan vir jou lewe te beweeg nie.
Tweedens kan ons nie vir sonde, ons eie begeertes, wellus en wêreldse verleiding bid nie!
In alles het Dawid GOD geraadpleeg, en GOD het hom gelei, oorwinning gegee en gedurigdeur groter gemaak.
Maar ons weet ook dat die een area waar Dawid, GOD nie geraadpleeg het, het tot 'n diep sonde gelei, toe hy het by Betseba ingegaan en haar man met die swaard laat vermoor het.
Daarom het GOD die nooit weer die swaard van sy huis verwyder nie.
Oorwinning en neerlaag word ons voorgehou, maar ons moet kies of ons GOD gaan raadpleeg in hierdie saak.
-------
GEBED.
VADER, gee asb ons aan 'n hart van gehoorsaamheid, wat binne U Wil kan beweeg. Laat ons nooit weer op ons eie insig steun maar tot U sal nader in gehoorsaamheid in elke saak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geleide keuses in ons lewe.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





