MATTHÉÜS 6:32-33 AFR53

March 19, 2025

32. Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

33. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.


***


Kern gedeelte:

"en sy geregtigheid"


Wie 'n oor het, laat hom hoor!

Daagliks sien ek, kom ek in aanraking met mense wat slegs die gedeeltes van GOD se Woord verklaar, spreek en verdraai soos dit hulle pas.

Nee, ek oordeel nie, ek het my eie foute en tekortkomeninge en as ek een vinger na jou toe wys, wys daar drie vingers terug na my toe.

Maar dit verander niks aan die saak nie, jy kan nie met GOD se Woord op jou lippe loop terwyl jy mense rondom jou verdruk en vertrap nie.

GOD se Woord is duidelik:

"soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid"

Seën, en jy sal geseën word.

Gee, en vir jou sal gegee word.

Behandel ander, soos jy graag behandel wil word.

Neem 'n oomblik van stilte, gaan lees Eségiël 18 vanaf vers 4-9 en Exodus 20.

Gaan kyk dan in die spieël, antwoord jou eie vrae, jy weet wat die waarheid is.


-------


GEBED.


VADER, vanoggend besef ek opnuut dat die teenoorgestelde van heilig, is skynheilig. Soveel mense wil graag ander mense behaag maar ons vrees U nie, terwyl ons siele oppad is na ewige verderf. Laat U Heilige Gees vanoggend die waarhede van ons eie karakter op ons uitstort sodat ons sal verstaan wanneer U deur U Woord vir ons sê, wees heilig, want "EK" is Heilig.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek dat U Heilige Gees ons sal skoonwas van die leuens wat ons vir onself vertel.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

June 27, 2025
9. Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10. laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11. gee ons vandag ons daaglikse brood; 12. en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13. en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. *** Kern gedeelte: "laat u wil geskied" Soveel van ons mis nog hierdie punt: Dit is nie ons wil in GOD se lewe nie, maar GOD se Wil in ons lewe. En deur weerstand te bied, die sonde nie te laat gaan nie, stap ons deur die woestyn paaie van die lewe. Dink net so oomblik in nabetragtig oor dit wat ek vanoggend sê. ------- GEBED. VADER, ons bid die gebed, soos U Seun ons geleer het, maar as ons klaar is, vergeet ons onmiddelik die deel wat sê, laat U Wil geskied. Leer ons asb vandag wat U Wil is, en maak ons oë oop vir ons eie foute. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir gehoorsaamheid aan U Woord. Amen.  ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 26, 2025
14. en jou hart hom dan verhef, dat jy die Here jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; 17. en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. 18. Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is. *** Kern gedeelte: "dat dit HY is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe" Moenie meer van jouself dink as wat nodig is nie, en moenie op ander mense neerkyk nie, want jy is nie so spesiaal en verhewe as wat jy dink nie. Miskien leef jy in GOD se Goedheid en Guns en miskien is jy geseënd, sodat GOD se seëninge deur jou na ander mense kan vloei. Moet egter nooit vergeet wie jou GOD is, en waar jy vandaan kom nie. As jy nog dink dat, wie jy is en alles wat jy het, het deur jou hand en jou krag gekom, dan lewe jy in die wêreld van materialisme, die wêreld van die "eie ek" waar jy van jou GOD vergeet het. Weet net, die wiel draai en alles wat vandag bo is, is môre weer onder. Daarom gaan op jou knieë, dank GOD vir alles in jou lewe, en onthou hierdie woorde: Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe. ------- GEBED. VADER, ons bid vanoggend vir nederigheid, nederigheid en nederigheid, en help ons dat ons nooit die grond sal verlaat nie, maar in U skadu bly. Vergewe ons asb vir die verkeerde gesindheid wat ons tans in ons harte koester, en gee ons asb die krag om nederig by U voete te bly. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir elke gawe uit U Hand. Amen. •••••••  Webtuiste: https://incurio.co.za Sel: +27716283107
June 25, 2025
27. En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal 'n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek. **** Kern gedeelte: "En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie" Hierdie is 'n waarskuwing boodskap en as jy nie hierop ag slaan nie, gaan dit jou duur te staan kom. Die mense, die items, die gruwels wat jy vandag in jou huis inbring, is dit wat jou gaan lei tot jou val in die dag van môre. Miskien omdat geld jou fokus is, en nie GOD nie, is jy besig om 'n besigheids transaksie aan te gaan, 'n venootskap te sluit wat jou bitter duur te staan kom. Stop waarmee jy besig is, soek na GOD se Wil in jou lewe, ken Hom in al jou weë, want as GOD iets uit jou lewe uithou is dit juis tot jou beskerming, en as Hy jou vertraag, is dit juis sodat die euwel eers kan verbygaan. Jy is gewaarsku, moenie die gruwel in jou huis inbring nie! ------- GEBED. VADER, deur die sondige begeertes word ons verblind en deur gierigheid nooi ons die verderf na binne. Die "verderwer" sal na die swakheid in ons soek, en daardeur sal hy persone, items of transaksies oor ons pad bring, om ons tot 'n val te bring. Gee asb aan ons die Gees van onderskeiding sodat die waarskuwings ligte vir ons sal aangaan, dat ons nie die gruwel in ons huis sal inbring nie. Gee asb aan ons die geduld om te wag, en laat geen besluit uit ons eie wil wees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geestelike leiding in elke saak. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 24, 2025
25. MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. 26. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; 27. Hom wat ék sal aanskou my ten goede ....... *** Kern gedeelte: "MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef" Vanoggend wil ek net vir jou sê dat die GOD wat jy dien is, is groter as die omstandighede waarin jy jou tans bevind. Die Woord van GOD sê vir ons dat JESUS CHRISTUS is die Lig, die Weg en die Waarheid. Maar steeds tas ons in die donker rond, steeds raak ons die pad byster en steeds word ons deur die leuens van die "verderwer" mislei! Dit is omdat ons nog te veel van die wêreld en te min van die Lig van ons Verlosser in ons het. As die "verderwer" jou vanoggend wil oortuig dat dit verby is, dat daar geen hoop meer is nie, dan staan jy op en jy verklaar: My Verlosser leef, en as GOD al is wat ek oorhet, dan het ek alles wat ek nodig het. Staan op, laat GOD jou rig op jou pad, en berus jou in die feit dat Hy is in beheer. ------- GEBED. VADER, ons wil so graag in beheer wees, terwyl U vir ons sê, My genade is vir jou genoeg. U Krag kan nie in ons "trots" en "eie ek" werk nie, maar die dag wanneer ons niks meer het en nie weet watter kant toe nie, dan eers kom U Krag in ons na vore, dan staan ons eers op en sê, te midde van alles, my Verlosser leef en my GOD is in beheer. Laat ons dit nie net sê nie, maar laat ons dade van geloof dit bevestig. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat nie meer weet watter kant toe nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 23, 2025
1. MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 2. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 3. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? *** Kern gedeelte: "MOENIE oordeel nie" Vanoggend mag sommige nie met my saamstem nie, maar laat dit so wees. Ek sê dikwels, wanneer ons een vinger na 'n ander toe wys, wys daar drie vingers terug na ons toe. En voordat ons kritiek lewer oor ander mense se lewe, laat ons net so oomblik neem om te kyk waar ons vandaan kom en waar ons tans is. Ons lewer in een area van die persoon se lewe kritiek, maar in die ander areas is hulle dalk beter af as ons, is hulle dalk beter mense as ons. Daarom sê die Woord, want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. Die wêreld doen reeds genoeg afbreek aan GOD se mense, dus, laat ons woorde eerder opbouend wees. ------- GEBED. VADER, met dieselfde mond spreek ons dood oor ander mense se lewens, en met dieselfde mond wil ons U loof en prys. Ons besef nie dat 'n fontein nie skoon, en troebel water kan voortbring nie. Ons vra vanoggend slegs dat U Heilige Gees ons oë sal oopmaak vir ons eie foute en ons eie tekortkominge. Laat ons nie in ons eiewysheid sal bly staan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Lig in ons eie lewens sal inskyn en die donker daarin verlig. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 20, 2025
1. JY mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om 'n kwaadwillige getuie te wees nie. 2. Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie. 3. Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie. *** Kern gedeelte: "Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie" Wat gaan ek hieroor sê? Om die meerderheid te volg in die verkeerde dinge is dieselfde as om deur 'n rivier in vloed meegesleur te word. In vloed word alles meegesleur maar soos die water sak, lê die opdrifsel orals op die walle van die rivier. Moenie in die rivier inspring nie, want jy sal uitvind dat as die meerderheid se sensasie verby is, sal hulle weer agter iets nuut aanhardloop maar jy gaan een van die opdrifsels wees wat langs die pad gaan agterbly. Eers dan sal jy besef dat jy eerder op die rots moes gebly tot die vloed gesak het, en dan kon jy die pad van onpartydige opregtheid verder saam met GOD gestap het. Staan vas in ons Rots en Vesting, in JESUS CHRISTUS, en geen vloed sal jou skuif nie. ------- GEBED. VADER, ons word soos golwe van die see voortgedryf, en elke lewens vloed sleur ons mee omdat ons geloof nie in U geanker is nie. Ons Verlosser is nie meer die basis van ons lewe nie en daarom begin ons te wankel. Gee ons asb die krag om weg te draai van die "wêreld" en na U terug te keer. Inndie Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir standvastigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings