ESÉGIËL 20:39 AFR53
39. Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here Here: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná — sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.
***
Kern gedeelte:
"maar hierná"
Voor die opstaan moet die val kom, en die verdeeldheid sal eers verskillende paaie met ons stap voordat ons eenheid in GOD sal vind.
Daarom is die boodskap baie duidelik, sonder enige misverstand.
Gaan weg en dien elkeen sy drekgode, maar weet dit, as daar van ons land niks meer oor is nie, en dit wat die wêreld ons bied lê in die as verbrand, dan sal ons weet dat GOD nog altyd hier was, maar ons het Hom nooit gesoek nie.
Dan eers sal ons GOD in eenheid begin soek, dan sal GOD ons by die hand neem, ons land herstel en dan sal Suid-Afrika die Ligpunt van hierdie wêreld word.
Wanneer GOD die vuur van herlewing in ons land aan die brand steek, sal geen wereldse sisteem dit onderdruk, en geen werke van die "verderwer" sal daarteen staan nie.
Maar intussen, kies maar solank waarmee jy, jou en jou gesin gaan besig, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
-------
GEBED.
VADER, ons weet dat ons lewe is eintlik maar die som van ons keuses, en die keuse wat ons vandag maak, bepaal die toekoms pad wat ons gaan stap. Ons kan kies of ons die pad na die beloofde land saam met U gaan stap, en of ons nog steeds gaan dwaal saam met ons drekgode deur die woestyn. Open asb ons oë vir die waarheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal wys watter keuses ons vandag moet maak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





