SPREUKE 27:17, 19 AFR53
17. Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
19. Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.
***
Kern gedeelte:
"so slyp die een mens die persoon van die ander"
Nie een van ons ken die Weg van GOD of verstaan die perfekte Wil van GOD in ons lewe nie.
Wat ek wel verstaan is dat nie elke mens wat in ons lewe geplaas word of met wie ons paaie kruis, tot ons seëning sal wees of ons lewe tot voordeel sal verryk nie.
Sekere mense sal deur die "verderwer" op jou pad gebring word om jou tot verderf te lei.
Ander sal deur GOD in jou lewe geplaas word, miskien tot jou seëning, sodat jou huis deur hulle geseën kan word, maar ook die teenoorgestelde kan gebeur!
Die persoon wat in jou lewe geplaas is, kan jou dalk tot straf wees, om die "eie ek" in jou te verwyder sodat jy eendag sal besef, wie jou GOD is en deur wie jou Verlossing tot by die deur van jou hart gekom het.
Hoe dit ook al mag wees, onthou altyd:
Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
--------
GEBED.
VADER, ons paaie kruis daagliks met vele mense en soms is die ervaring minder aangenaam, maar nietemin, ons weet dat elke ontmoeting 'n doel het. Ons vra dat U Heilige Gees met ons sal wees en sal openbaar of die ontmoeting ten goede of ten slegte sal wees en laat ons keuses deur U gerig word. Laat ons ook asb besef, dat nie alle slange pik met die eerste oogopslag nie, maar soek eers 'n plek om nes te maak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U hand van beskerming oor ons huise en ons gesinne.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





