II KORINTHIËRS 12:7-9 AFR53
7. En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
8. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
9. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
***
Kern gedeelte:
"dat ek my nie sou verhef nie"
Deur die verloop, die meule van die lewe, het ek geleer dat dit wat ek as my doring in my my vlees gesien het, dit wat my tot struikeling was, juis deur GOD daar geplaas is om my te beskerm teen myself.
Sonder die gegewe probleem sou ek waarskynlik te vroeg begin beweeg het, meer voortreflik gewees het op tye wat omstandighede nie daarvoor gereed was nie.
Persoonlike groei moes eers plaasvind, GOD moes deur hierdie doring in ons vlees ons karakter bou, en ons moes eers leer om dit te kan waardeur wat GOD later op ons pad sou bring.
Baie persone wat vanoggend hierdie boodskap lees, sal hiermee kan identifiseer, waar hulle ook voel dat sonder hierdie probleem in hulle lewe sou hulle baie beter gedoen het, verder vooruit gewees het in die lewe.
Maar as jy in stilte voor GOD terug kyk oor die saak, eers dan besef jy dat alles in die lewe het 'n seisoen, en tot nou toe was die seisoen nie reg nie.
Al die leg-kaart stukkies van GOD se plan was nog nie in plek nie, omdat ons eers ons nederigheid voor GOD moes vind.
Want as ons in nederigheid op ons knieë voor GOD bly, sal ons kan staande bly voor die ,"verderwer" teen sy planne om ons van GOD se plan te weerhou!
-------
GEBED.
VADER, vir jare lank reeds bid ons reeds oor hierdie doring in ons vlees, want in die begin het ons dit as 'n straf gesien maar namate die jare aangestap het, kan ons nou terugkyk en sien hoe U ons daardeur beskerm het omdat ons eers moes groei, eers sterker moes word om die probleme van die wêreld direk aan te spreek. Ek weet nou dat selfs met hierdie doring in my vlees het U ook 'n doel gehad. Dankie dat U hierdeur, my teen myself beskerm het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir hierdie doring in ons vlees en elke probleem wat ons gehelp het om te laat groei en deurlopend sterker gemaak het.
Amen.
°°°°°°°°
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






