II KORINTHIËRS 12:7-9 AFR53

December 23, 2025

7. En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

8. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.

9. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.


***


Kern gedeelte:

"dat ek my nie sou verhef nie"


Deur die verloop, die meule van die lewe, het ek geleer dat dit wat ek as my doring in my my vlees gesien het, dit wat my tot struikeling was, juis deur GOD daar geplaas is om my te beskerm teen myself.

Sonder die gegewe probleem sou ek waarskynlik te vroeg begin beweeg het, meer voortreflik gewees het op tye wat omstandighede nie daarvoor gereed was nie.

Persoonlike groei moes eers plaasvind, GOD moes deur hierdie doring in ons vlees ons karakter bou, en ons moes eers leer om dit te kan waardeur wat GOD later op ons pad sou bring.

Baie persone wat vanoggend hierdie boodskap lees, sal hiermee kan identifiseer, waar hulle ook voel dat sonder hierdie probleem in hulle lewe sou hulle baie beter gedoen het, verder vooruit gewees het in die lewe.

Maar as jy in stilte voor GOD terug kyk oor die saak, eers dan besef jy dat alles in die lewe het 'n seisoen, en tot nou toe was die seisoen nie reg nie.

Al die leg-kaart stukkies van GOD se plan was nog nie in plek nie, omdat ons eers ons nederigheid voor GOD moes vind.

Want as ons in nederigheid op ons knieë voor GOD bly, sal ons kan staande bly voor die ,"verderwer" teen sy planne om ons van GOD se plan te weerhou!


-------


GEBED.


VADER, vir jare lank reeds bid ons reeds oor hierdie doring in ons vlees, want in die begin het ons dit as 'n straf gesien maar namate die jare aangestap het, kan ons nou terugkyk en sien hoe U ons daardeur beskerm het omdat ons eers moes groei, eers sterker moes word om die probleme van die wêreld direk aan te spreek. Ek weet nou dat selfs met hierdie doring in my vlees het U ook 'n doel gehad. Dankie dat U hierdeur, my teen myself beskerm het.

In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir hierdie doring in ons vlees en elke probleem wat ons gehelp het om te laat groei en deurlopend sterker gemaak het.

Amen.


°°°°°°°°



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

February 20, 2026
41. En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? 42. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. *** Kern gedeelte: "Waak en bid" Die ouer mense het altyd gesê, nee kyk, nou het ek alles gesien! Maar vandag wil ek vir jou sê, nee, jy het nog nie alles gesien nie, want elke dag voeg die "verderwer" 'n nuwe verleiding, in hierdie wêreld by, 'n nuwe wapen wat jy tot struikeling kan bring. Moenie vir een oomblik dink dat jy nie aangeraak sal word deur die sondes en verleiding van hierdie wêreld nie. Alles wat 50 jaar terug ondenkbaar was vir ons ouers, is nou in ons huise en lewens deur middel van media, TV, en Selfone. Nie een van ons is kwytgeskeld nie. en daarom is hierdie boodskap so dringend vanoggend. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en belei ons sondes. Ons laat dinge toe wat nie in ons lewens hoort nie en ons maak ons huise oop vir sondes en ons gee toegang tot ons gesin deur goedkeuring daarvan. Gee ons asb die krag om van vandag af, sonde op die naam te noem en laat ons dit nie in ons huise of ons lewens toelaat nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons dubbele standaarde. Gee ons asb vandag die krag om te breek met die sonde. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 19, 2026
14. TOE gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters 15. en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg. 16. En van toe af het hy 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer. *** Kern gedeelte: "het hy 'n goeie geleentheid gesoek" Nie almal in jou lewe, wat tans die lewenspad saam met jou stap is jou vriende nie. Baie mense sal die pad saam met jou stap, terwyl dit tot hulle voordeel is, maar die dag sal kom wanneer die tyd reg is in hulle opinie, en dan sal die ware kleure na vore kom. En moenie dink dat dit nie met jou sal gebeur nie, want selfs JESUS CHRISTUS ons Verlosser is deur die mens verraai. Ons soek almal na die een persoon wat na ons rug sal kyk, sodat iemand ons nie onverhoeds betrap nie, maar sekere mense kyk na jou rug en soek na 'n goeie plek om jou in die rug te steek. Hou dit wat privaat is vir jouself, en deel met die wêreld en sy mense net dit wat hulle nodig het om te weet. ------- GEBED. VADER, dankie dat U ons vanoggend daarop wys dat ons moet leer om stil te bly, dat ons nie alles met almal moet deel nie. Laat dit wat privaat is, privaat bly en dat ons nie alles aan almal bekend moet maak nie. Ons vra vir U beskerming en vra ook dat U die mense uit ons lewe sal verwyder wat nie daar moet wees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir reg en geregtigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
February 18, 2026
13. As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. 14. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? 15. Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. *** Kern gedeelte: "As U nie self meegaan nie" Vanoggend is die boodskap laat, nie omdat hierdie dag anders as ander dae is nie, maar my gesindheid was anders. Normaalweg neem ek soms die boodskap bitter vroeg op en stuur op meer aanvaarbare tyd uit, maar vanoggend was anders. Ek was reeds 02h00 op die pad na plekke waar ek moet wees, en ek sit nou langs die pad die boodskap en uitstuur. As u dit vreemd vind, weet net, dit is nie vreemd nie, wat soos almal het ons ook besluite om te maak. Gedurende die afgelope vyf ure het ek nagedink oor ons lewe en besigheid pad vorentoe, en die slotsom is, SONDER GOD, NIE 'N TREE NIE. As GOD ons nie lei en self met ons meegaan op die lewenspad nie, dan bly ons waar ons is, en alles bly soos dit is. ------- GEBED. VADER, dit is tyd om te stop, tyd om U te nader oor ons lewenspad vorentoe. Laat ons geen haastige spronge maak nie, maar laat ons op U wag om vir ons die pad te wys, dat U ons sal lei binne U Wil en binne U Weg. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons U Leiding af oor ons lewenspad vorentoe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Cell: +27716283107
February 17, 2026
1. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? 2. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het! *** Kern gedeelte: "My hulp is van die Here" Ek wil nie graag iets byvoeg nie, maar wil net die volledige Psalms 121 lees. * Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? * My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. * Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. * Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. * Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. * Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. * Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. * Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. ------- GEBED. VADER, U weet dat ek vanoggend 'n ander Woord gedeelte in gedagte gehad het, maar hierdie gedeelte bly my op die hart gelê word. In gehoorsaamheid stuur ek hierdie boodskap uit en mag U Heilige Gees met hierdie woord saamgaan sodat dit vanoggend op die regte ore sal val. Laat U Geestelike versterking ons ophef uit die massas probleme wat ons wil oorweldig. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat hopeloos en verlore voel. Geen asb aan elkeen die krag en sterkte. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 16, 2026
11. Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. 12. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. 13. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. **** Kern gedeelte: "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee" Nee, dit is nie jou einde nie! Die wêreld mag reeds die oorwinning vooruit gesmaak het, maar GOD tree vandag vir jou in. Nie deur jou krag nie maar deur Sy genade, deur Sy reddende regterhand want al val die regverdige sewe keer, agt keer sal hy opstaan. Die stryd was nooit jou stryd om te stry nie, daarom wees still want GOD maak klaar wat Hy in jou begin het. ------- GEBED. VADER, waar ons tans is sien ons dalk nie die lig nie want die wêreldse probleme het ons oë en ons gemoed verduister. In hierdie oggend vra ons vir 'n nuwe dagbreek, in hierdie oggend vra ons vir hernuwe krag om op te staan in U Naam sodat U Lig deur ons sal skyn na 'n donker wêreld daar buite. Dankie dat U ons deurdra waar ons nie meer kan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons 'n nuwe begin, verklaar ons GOD gegewe deurbrake en 'n nuwe pad saam met U. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 13, 2026
2. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die GOD van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. 5. Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos. *** Kern gedeelte: "maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God" Soos wat Joshua aan sy volksgenote gesê het, kies wie julle wil dien, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. So het dit tyd geword vir ons om aan ons volksgenote te sê, kies julle wie julle vir dien, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse GOD. Selfs in die huidige situasie in ons land Suid Afrika, gaan GOD ons vooruit, Hy maak paaie gelyk en is besig om ons land te verander. Ons land sal oprys, ons as GOD se volk sal weer opstaan, nie deur krag of geweld nie, maar deur die Gees van GOD! Laat elkeen vir homself kies, maar ek weet waar my krag vandaan kom. ------- GEBED. VADER, ons lewe in 'n land van verdeeldheid omdat elkeen net na sy eie belange omsien en ons nie meer in eenheid saam tot U kan nader nie. Ons vra vanoggend dat 'n herlewing sal uitbreek en dat U Heilige Gees soos 'n vuur deur ons land sal trek, mense in beweging sal bring, sodat ons in eenheid kan staan en sê dat ons sal wandel in U Naam, want U is ons Krag, ons Rots en ons Vesting. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir eenheid as U volk U land en U mense. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings