SPREUKE 24:16-18 AFR53
16. Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
17. As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
18. dat die Here dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
***
Kern gedeelte:
"Want sewe maal val die regverdige en staan weer op"
Waar ons vanoggend hierdie boodskap lees, is ons aan die einde van 2025, nog 'n jaar is verby.
Aan die begin van die jaar het ons waarskynlik gedink dat ons nie hierdie jaar sal deursien nie, en tog, hier is ons, GOD het ons daadwerklik deurgedra.
So is die lewenspad, en daarom staan daar geskrywe sewe maal val die regverdige en staan weer op.
Die krag wat jou oprig, wat jou laat opstaan kom die van die wêreld nie, maar van die Lewende GOD wat die hemel en die aarde gemaak het!
Soos hulle in Engels sê, life might knock you down but is will never keep you down.
En selfs waar ons vyande gestruikel het, het ons, onself nie daaroor verheug nie, maar GOD gevra om hulle deur te help sodat hulle nog die geleentheid gegun word om JESUS CHRISTUS as hulle Verlosser en Saligmaker aan te neem.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons vanoggend die laaste dag van die jaar 2025 kan beleef, en die eer aan U kan gee. Waar ons nie meer kon nie, het U ons deurgedra, het U ons opgerig, sodat ons kon besef dat uit ons eie krag sou ons nie hierdie jaar kon deursien nie. Open asb ons oë vir ander se nood sodat ons die helpende hand kan uitreik na iemand wat dit nodig het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir nog 'n jaar wat ons die pad saam met U kon stap.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






