SPREUKE 3:1-4 AFR53
1. MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar
2. want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
3. Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart
4. dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
***
Kern gedeelte:
"MY seun, vergeet my onderwysing nie"
Almal het sekere voorneme vir die nuwe jaar wat vandag begin het, almal wil graag beter doen en sekere dinge verander.
As daar een ding is wat ek hierdie jaar wil doen is dit om GOD se Woord nie net te lees nie, maar in diepte uit te leef, en dit uit te leef sonder kompromie.
Die wêreld druk al hoe harder en verwag dat ons as GOD se kinders net meer en meer moet agteroor buig.
As ons nie staan vir iets in hierdie lewe nie, dan lewe ons vir niks.
Staan op, neem 'n standpunt in, en lewe voluit vir GOD deur Sy Woord prakties uit te leef.
Laat die wêreld sê en doen wat hulle wil, maar laat ons nooit GOD se onderwysing vergeet, of ons hart sy gebooie laat verbreek nie.
--------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en vra vir 'n nuwe begin. Laat ons die seer en mislukkings van gister agterlaat en besef dat vanoggend is 'n splinternuwe dag, 'n splinternuwe begin. Laat ons die geleentheid aangryp om die pad hierdie jaar saam met U, binne U Wil te stap. Laat U Heilige Gees ons asb lei op die pad wat U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vrede, vreugde, voorspoed en gesondheid oor elkeen wat hierdie boodskap lees of luister.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






