JEREMIA 1:17-19 AFR53
17. Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.
18. Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.
19. En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die Here, om jou uit te red.
***
Kern gedeelte:
"En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie"
Die aanslae teen jou sal kom, deur wéreldse sisteme, menslike maniere en gesindhede.
Maar vanoggend lees jy nog hierdie boodskap, GOD het jou gedra tot hier.
Dit is tyd dat jy opstaan, dit is tyd om die wêreld in die oë te kyk en te verklaar, ek is 'n kind van GOD, ek gaan nie voor die mens of die wêreld sisteme buig nie!
En nog minder is ons land verlore, want GOD is in beheer!
Dit is tyd vir jou om op te staan, in die Naam van JESUS CHRISTUS.
Hou op vrees, want uit GOD se Woord kry jy vanoggend hierdie boodskap,
Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie!
Staan op, staan sterk, en laat GOD se Lig deur jou skyn, want daardeur sal ander mense ook in eenheid begin opstaan en saamstaam.
-------
GEBED.
VADER, soms laat U boodskap ons onseker oor wat om te doen en watter pad om te volg. Een ding uit U Woord vanoggend is verseker, dit is tyd om op te staan, U Naam te verkondig en daardeur eenheid te bring. Laat U Heilige Gees ons asb lei, sodat wanneer die tyd reg is, alles in beweging sal kom, en dat ons sonder vrees sal opstaan en spreek soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat deur U Woord, ons land en ons mense in eenheid sal kom.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






