MATTHÉÜS 18:12-13 AFR53
12. Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die negen-en-negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?
13. En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig wat nie verdwaal het nie.
***
Kern gedeelte:
"en een van hulle verdwaal"
Moenie dink as jy GOD dien, dat jy nie verdwaald kan raak en die pad kan byster raak nie!
Ek gee nie om wie, wat sê nie, maar die "verderwer" sal nooit rus nie!
Maak nie saak hoe lank jy GOD dien nie, die aanslae sal bly kom, selfs wanneer jy voel dat jy oorwin het.
Een van twee dinge gaan gebeur, deur een van twee areas, sal die aanslae op jou lewe kom.
Die "verderwer" ken jou swak punte en daarop sal hy aanhou werk om jou tot struikeling te bring, maar meer as dit, pasop vir die area waar jy dink dat jy sterk is, want daar het jy jou skild laat saak, daar het jy jouself oopgemaak vir sonde.
As jou broer of suster in Christus verdwaald is, help hom om sy pad terug te vind, want hy weet dalk nie eers dat hy die pad byster geraak het nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons vanoggend waarsku, ons nog 'n kans gee deur mense te stuur op ons lewenspad wat na ons gaan soek wanneer ons verlore raak. Wat ons waarsku wanneer ons die pad byster raak, wat na ons gaan soek en ons deur U Woord terugbring op die regte pad. Dankie vir tweede kanse, dankie vir U genade.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons elkeen sal luister na waarskuwings wat U aan ons rig.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






