JOHANNES 12:24-25 AFR53
24. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
25. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
****
Kern gedeelte:
"Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor"
Ek wil vanoggend tot die punt kom en vra, watse vrug dra jy vir jou Verlosser, of is die saadjie van die "eie ek" nog veilig in jou hande.
Dit is eers wanneer jy die aanraking van JESUS CHRISTUS in jou lewe ervaar het dat jy besef, jy moet die "eie ek" begrawe, jou lewe aan GOD toewy sodat daar groei in jou lewe kan plaasvind, waardeur ander mense aangeraak sal word.
As jy nog met die saadjie van die "eie ek"in die hand staan, het jy nog nie oorgegee nie, het jou nog nie jou Verlosser ontmoet nie, nog nie jou lewe aan GOD toegewy nie, en sal hierdie boodskap jou waarskynlik tot aanstoot wees.
Hoe dit ook al sy, as jy hierdie boodskap lees, het jy nog vandag die tyd om sake te verander voor jou lig vir ewig uitgedoof word.
Jou Verlosser staan voor die deur van jou hart en klop, die vraag is, hoe gaan jy daarop reageer.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die geleentheid wat U ons vandag gee, nie net om ons lewe aan U toe te wy nie, maar ook om opnuut te besef dat U vuur in ons afgekoel het, en dat ons, ons Verlosser, ons eerste liefde verlaat het. Plaas asb 'n nuwe lied in ons mond wat sing oor U vuur wat in ons harte brand. Rig ons asb op en maak ons sterk.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n geestelike aanraking, waar dit nodig is, en laat hierdie boodskap soos 'n veldbrand versprei.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





