SPREUKE 29:25-27 AFR53
25. Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.
26. Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die Here.
27. 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.
***
Kern gedeelte:
"Die vrees vir die mens span 'n strik"
Vanoggend wil ek dit baie duidelik maak!
Die enigste vrees wat jy in jou lewe moet hê, is die respekvolle vrees vir GOD, want daarin is die kennis waardeur ons gerig sal word op ons lewenspad.
Op die lewenspad, sal beide goed en sleg oor ons pad kom, maar ons hoef dit nie te vrees nie, maar ook daardeur sal GOD ons dra.
Moenie in vrees lewe nie want die Woord van GOD sê duidelik, dat dit wat jy vrees, sal na jou toe aankom.
Vra eerder dat GOD jou sal oprig, jou sal versterk, om elke aanslag die hoof te bied, en dat ons nie sal buig voor die wêreld nie.
As jy vanoggend vra waar sal jou hulp vandaan kom, dan wil ek vir jou sê, ons hulp is van die HERE wat die hemel en die aarde geskape het.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend moet ons belei dat vrees ons verlam, en daarom is ons bang om die geleenthede aan te gryp wat U oor ons pad bring. Ons vrees dit wat die toekoms inhou want ons land gaan ten gronde, maar ons vergeet dat U 'n pad deur die see gemaak het vir U volk, U kinders, uitkoms gegee her waar daar geen uitkoms meer was nie. Laat ons vandag opstaan en verklaar, laat kom wat wil, want my GOD is in beheer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om uit te styg bo ons probleme.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





